NewsNews

Nutsman wil museumstruktuur weer opknap

Die gebrek aan instandhoudingswerk aan die binne- en buitekant van die Parys-museum is al vir lank ’n baie groot bron vir kommer vir hulle wat graag dié Erfenis van Parys en al sy mense wil bewaar.

Die gebrek aan instandhoudingswerk aan die binne- en buitekant van die Parys-museum is al vir lank ’n baie groot bron vir kommer vir hulle wat graag dié Erfenis van Parys en al sy mense wil bewaar.
Met geen fondse wat van regering of munisipale kant vir die museum opsy gesit word nie, en die private sektor wat ook sukkel in die huidige ekonomiese omstandighede, was daar tot nou toe geen uitweg hoe die probleem aangespreek kan word nie.
Maar nou het Jaco,  ’n  sakeman van Parys wat sy eie onderneming, Parys Nutsman, bedryf, die taak op sy skouers geneem om die museum se instandhouding te doen. Hy sal al die werk gratis doen as sy manier om terug te ploeg in die gemeenskap, maar skenkings vir materiaal om die herstelwerk te doen, is  baie nodig.
Materiaal wat nodig is sluit in kwaste, skuurpapier vir hout, rolle maskeerband, wit enamel verf vir die heining, groen dak verf, swart enamel verf, wit verf vir die buitemure, swembadsuur, “thinners”, donker vernis, Rhino Lite, pine balke, silikon en ’n  pak 75mm Tec skroewe en wassers.
Kontantbydraes vir die vervanging van die vensters en ekstra uitgawes wat mag ontstaan is ook welkom.
Mense kan vir Jaco skakel by 073 728 7064 vir meer inligting oor die museum projek.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button