NewsNews

Herwinning: DA lê grondslag vir Nuwe Raad

Talle Parysenaars het reeds begin om tuis hul herwinbare rommel van onbruikbare afval te skei, en dit dan apart op die sypaadjie uit te sit. DA-raadslid Saal de Jager het inwoners verlede maand gevra om op hierdie manier herwinning te bevorder. Hy het sy versoek aanvanklik gerig slegs aan inwoners wie se rommel Donderdae verwyder word.

Talle Parysenaars het reeds begin om tuis hul herwinbare rommel van onbruikbare afval te skei, en dit dan apart op die sypaadjie uit te sit.
DA-raadslid Saal de Jager het inwoners verlede maand gevra om op hierdie manier herwinning te bevorder.
Hy het sy versoek aanvanklik gerig slegs aan inwoners wie se rommel Donderdae verwyder word.
Hulle doen dit nou reeds vier weke lank. Later het hy ook inwoners wie se rommel Vrydae verwyder word betrek. “Almal plaas hul herwinbare rommel bloot op die sypaadjie, net langs hul swart sak met afval vir die stortingsterrein.”
Herwinbare items sluit in bottels, blikke, plastiek, papier en karton. Hy sê dit word dan apart verwyder deur rommelsmouse, en beland nie op die stortingsterrein nie.
Hy het groot lof vir die “verblydende samewerking” deur die publiek tot dusver. Daar was enkele probleme, maar dit word hanteer.
Wetgewing vereis dat munisipaliteite nou hul inwoners aanspoor om herwinbare rommel by oorsprong van onherwinbare afval te skei.
Rdl Saal de Jager sê herwinning van bruikbare rommel bring groot voordele. “Wetgewing vereis dit, Parys se stortingsterrein is reeds oorvol, herwinning is goed vir die omgewing, en dit bevorder werkskepping en welvaart, ” sê hy.
Parys se munisipale stortingsterrein is al jare lank sonder lisensie en dus onwettig.
Dis ook nou oorvol en moet uitgebrei word (Gazette, 16 Junie).
De Jager sê die gemors by Parys se oorvol stortingsterrein maak ingryping nou noodsaaklik. “In DA-beheerde munisipaliteite word rommel verminder deur middel van herwinning en hergebruik, en al vyf Ngwathe se dorpe moet dit ook begin doen.”
Die DA-raadslede het metodes van herwinning en hergebruik by DA-beheerde munisipaliteite in die Wes-Kaap bekyk.
“Daar is talle puik idees, wat ons vertrou die nuwe Raad na 3 Augustus hier by ons sal benut,” sê De Jager.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button