NewsNews

VVA het jou hande nodig

Het jy al gehoor van die Shoprite/Checkers Voedselkaart as bydrae tot armoedeverligting, en die sovele suksesverhale deur middel van werkskepping-aksies? Hierdie en vele meer is maar enkele van die aksies waarby Vrystaat Versorging in Aksie in jou dorp betrokke is. Welsysdienste wat deur die VVA aan die gemeenskap van Parys gelewer word.

Het jy al gehoor van die Shoprite/Checkers Voedselkaart as bydrae tot armoedeverligting, en die sovele suksesverhale deur middel van werkskepping-aksies?
Hierdie en vele meer is maar enkele van die aksies waarby Vrystaat Versorging in Aksie in jou dorp betrokke is. Welsysdienste  wat deur die VVA aan die gemeenskap van Parys gelewer word.Tydens dié organisasie se jaarvergadering op Dinsdag 26 Julie om 10:00 by die VVA-kantoor in Buitenstraat, sal die jaarverslag van die afgelope jaar se werksaamhede voorgelê word. Daar word ook terugvoer gegee oor opwindende verwikkelings soos die bekendstelling van die voedselkaart.Insiggewende inligting word oorgedra rakende die vakkundige dienste wat deur die VVA se maatskaplike werkers, bygestaan deur twee hulpwerkers, en ondersteun deur vrywilligers, gelewer word. Kom maak nader kennis met hierdie diensleweringsorganisasie en skakel in as vrywilliger waarmee jy daadwerklik ’n  groot verskil kan maak in jou gemeenskap en die nood wat daar is. * VVA Vredefort hou sy algemene jaarverdering op 27 Julie om 11:00 by die Vredefort VVA kantoor. Vir navrae skakel 056 9310 166.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button