NewsNewsPhoto GalleriesSport

Veerpyltjiespelers bedrywig

Gauteng het skoonskip gemaak in die pas afgelope SA Veerpyltjie-kampioenskappe in Bloemfontein en het die provinsiale afdeling onoorwonne afgesluit. Spelers wat Parys tydens die Paasnaweek-toernooi besoek het, het uitgeblink in Bloemfontein. Angel Morgan het die Mans Enkels gewen en is opgeneem in die Protea-span wat in 2017 Japan toe reis vir die Wêreldbeker.

Gauteng het skoonskip gemaak in die pas afgelope SA Veerpyltjie-kampioenskappe in Bloemfontein en het die provinsiale afdeling onoorwonne afgesluit.
Spelers wat Parys tydens die Paasnaweek-toernooi besoek het, het uitgeblink in Bloemfontein. Angel Morgan het die Mans Enkels gewen en is opgeneem in die Protea-span wat in 2017 Japan toe reis vir die Wêreldbeker.
Les Gouvea wat tydens die Palm Court Paasnaweek-toernooi 13 voltalle behaal het, is wel ingesluit asook Sean Hogan, Angel Morgan en Tinus Grobler (WP).
Op plaaslike front is die proewe afgehandel en lede wat gekies is vir die Dome spanne vir deelname aan die Callie Lönn toernooi in Orkney op 5 en 6 Augustus, is as volg:
A-span – Danie van der Merwe, Rynhard Malan, Ockert Grobler en Christiaan Mans.
B-span – Chris Mans, Hippo Louw, Luiz de Ponte en Boesman Groenewald.
Dames – Mariaan Pretorius, Bella Louw, Amelia van Zyl en Susan Schoeman.
Op Vrydag 22 Julie is dit “bring-’n-maat” aand by Palm Court om 19:00. Almal is welkom.
Op Vrydag die 27ste Julie word die “Dome” Mans en Dames pare om 19:00 by Palm Court aangebied. Slegs Dome geregistreerde spelers mag deelneem.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button