NewsNews

R620 000 se skade om ‘n punt te bewys

VEREENIGING. – Meer as R620 000 se skade is verlede week aangerig toe inwoners van Waldrift vasgeskop het teen die smartmeter-projek wat tans deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit by huishoudings geïnstalleer word.

VEREENIGING. – Meer as R620 000 se skade is verlede week aangerig toe inwoners van Waldrift vasgeskop het teen die smartmeter-projek wat tans deur die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit by huishoudings geïnstalleer word.

Sowat 50 betogers het hul ongelukkigheid duidelik bekend gemaak deur eers die Ou Johannesburgpad te versper. Hulle het daarop aangedring dat rdl. Simon Mofokeng, burgemeester van die genoemde munisipaliteit, hulle moet kom toespreek.

Rdl. Mofokeng het tyd afgeknyp om hulle toe te spreek, maar dit het egter nie goed geëindig nie. Hy is onder meer met plastiese bottels gegooi en is deur sy lyfwagte van die betogers weggeneem om sy veiligheid te verseker. Dit het gevolg nadat hy vir hulle gesê het dit maak nie saak hoe hulle voel nie, die smartmeter-projek gaan voort om enige onwettige elektrisiteit-koppelings uit te skakel.

Daarna het die groep betogers na die ingang van Sonlandpark by Langrandweg, langs Hoërskool Overvaal en Falconridge die pad verder met brandende bande en boomtakke versper die afgelope paar dae.
Die groep betogers is egter fyn dopgehou deur die polisie en buurtwag-organisasies soos SONRA en Mount Ridge patrolleerders. Saterdagoggend het sommige die smartmeters wat reeds in Falconridge geïnstalleer is, gevandaliseer. Hulle het die kommunikasie-bokse wat in die smartmeters is, uitgeruk.

Volgens DA-raadslid Elize Aucamp word die skade op sowat R620 000 beraam.
“Die probleem is dat diegene wat reeds die smartmeters gebruik, nie elektrisiteit kan opsit voor die kommunikasie-bokse nie reggemaak word nie. So as hulle eenhede klaar is, dan het hulle geen elektrisiteit nie. Onskuldige mense word ook nou geraak,” sê Elize. Daar word voorlopig beplan om die herstelwerk vandag (13 Julie) te doen. Teen Maandag was dit egter rustiger en betogers het gewag vir afgevaardigdes van die munisipaliteit om hulle te kom toespreek. Die groep is Saterdagaand met rubberkoeëls verjaag en verskeie arrestasies is gemaak.

Teen druktyd het ons nog geen terugvoering ontvang oor hoe die vergadering met afgevaardigdes van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit verloop het nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button