NewsNews

Rugbyklub doen dit weer

Dit was ’n baie moeilike seisoen vir Parys-rugbyklub met min spelers en baie beserings. Ten spyte daarvan haal Parys die uitspeelrondtes teen onder meer Hoopstad wat bo-aan die puntelys is. Parys wen Hoopstad op Hoopstad se velde met 25-17, en dring so deur na die semi-finaal op Bothaville. Dit was ’n moeilike wedstryd met die telling teen halftyd gelykop 12-12. Tien minute voor die eindfluitjie blaas was die telling steeds gelyk met 17-17, en verloor Parys die wedstryd in die laaste minute. Parys-rugbyklub het die afgelope tien jaar die beker 5 keer gewen, en 5 keer in die semi-finaal uitgeval.

Dit was ’n  baie moeilike seisoen vir Parys-rugbyklub met min spelers en baie beserings. Ten spyte daarvan haal Parys die uitspeelrondtes teen onder meer Hoopstad wat bo-aan die puntelys is.
Parys wen Hoopstad op Hoopstad se velde met 25-17, en dring so deur na die semi-finaal op Bothaville. Dit was ’n moeilike wedstryd met die telling teen halftyd gelykop 12-12. Tien minute voor die eindfluitjie blaas was die telling steeds gelyk met 17-17, en verloor Parys die wedstryd in die laaste minute.
Parys-rugbyklub het die afgelope tien jaar die beker 5 keer gewen, en 5 keer in die semi-finaal uitgeval.
Dankie aan al die ondersteuners, borge en spelers vir jul toewyding die afgelope seisoen.

Related Articles

Back to top button