NewsNews

Groot boeke-skenking vir dorp se biblioteek

Skrywer Johan Bakkes het lede van die biblioteek en Parys Leeskring kom besoek en is baie geleer by hierdie interessante man en befaamde skrywer wat grootgeword het in ’n skrywersfamilie. Johan en sy vrou, Nenna woon in die Paarl. Hy het besluit om deur die platteland te reis en talle klein dorpe se biblioteke te …

Skrywer Johan Bakkes het lede van die biblioteek en Parys Leeskring kom besoek en is baie geleer by hierdie interessante man en befaamde skrywer wat grootgeword het in ’n skrywersfamilie.
Johan en sy vrou, Nenna woon in die Paarl. Hy het besluit om deur die platteland te reis en talle klein dorpe se biblioteke te besoek. ’n  Versoek is ook aan sy uitgewers gerig om vir hom ’n paar boeke te skenk sodat hy dit tydens sy besoek aan biblioteke kan skenk. Johan is oorweldig met ’n  skenking van bykans R10 000 se boeke, en so kon kleiner dorpe, soos ook Parys hierby baat.
Johan, ’n  professor aan die Wes-Kaapse Universiteit  asook ’n rekenmeester, beskryf homself laggend as ’n professionele boemelaar. Hy hou van reis en hy reis dikwels alleen. Maar deesdae reis Pop saam. Nee, Pop is nie sy vrou nie, dis die winkelpop wat hy eendg by ’n modewinkel op ’n plattelandse dorp gekoop het. Pop sit ewe vroom langs hom, aangetrek in ‘n uniform met ’n pet en ‘n donkerbril. Pop het ook haar eie paspoort,
Johan se ouers is albei onlangs oorlede. Sy ma was die bekende skrywer Margaret Bakkes en sy pa die skrywer Cas Bakkes. Hy het dus met boeke grootgeword en vertel dat hy alles moes lees wat sy ma geskryf het en so ’n leeskultuur aangekweek het. Sy broer Christiaan is die skrywer van die bekende Stoffel Mathysen-reeks. Hy is die natuurbewaarder wie se linkerarm deur ’n krokodil afgeskeur is.
Leeskringlede en Beatrice Lodada, hoof van die Parys biblioteek het hom Saterdagmiddag in die biblioteek ontvang waar hy talle interessante staaltjies vertel, en uit sy boeke voorgelees het. Hy het ook sy nuutste boek, “Openbaring” bekendgestel.
Johan het afgesien van die sowat 50 boeke van verskillende skrywers, ook ’n eksemplaar van “Openbaring” aan die biblioteek geskenk. Die leeskring is van plan om die boek in September te bespreek.
Johan was ook vergesel van sy vrou Nenna en sy dogter Cara.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button