NewsNews

‘n Hele 108 Eenhede – dankie Parys

'n Hele 108 eenhede, meer as die doelwit wat gestel is! Dit is hoeveel bloedeenhede Parysenaars Dinsdag geskenk het vir die uitdaging wat deur die Suid-Afrikaanse Bloeddiens in samewerking met die Rotariërklubs van Parys en Viljoenskroon gerig is aan die gemeenskappe van Parys en Viljoenskroon.

‘n Hele 108 eenhede –  meer as die doelwit wat gestel is! Dit is hoeveel bloedeenhede Parysenaars Dinsdag geskenk het vir die uitdaging wat deur die Suid-Afrikaanse Bloeddiens in samewerking met die Rotariërklubs van Parys en Viljoenskroon gerig is aan die gemeenskappe van Parys en Viljoenskroon.

Die doelwit vir elke gemeenskap is om 100 eenhede bloed in te samel. En hierdie Dinsdag 19 Julie kry Viljoenskroners hul kans om ‘n verskil te maak wanneer daar bloed geskenk kan word by die NG Moedergemeente kerksaal vanaf 11:00 tot 18:00.

Vir elke dag wat die Bloeddiens nie sy doelwit bereik nie, word die beskikbare voorraad bloed uitgeput. Pasiënte benodig ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag.

Moet daarom nie dink dat 108 eenhede bloed net ‘n druppel in die Bloeddiens se spreekwoordelik emmer is nie. Elke eenheid bloed maak ‘n verskil in iemand se lewe.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button