NewsNews

Lig in die donker maar net so lank daar geld is

’n Kontrakteur in samewerking met die Ngwathe munisipaliteit se elektriese afdeling, is sedert verlede week besig om nuwe oorhoofse lyne op die hoofroetes in Parys te span sodat al die straatligte op hierdie roetes weer kan werk asook vir die herstel van die masligte in Tumahole en die dag/nag skakelaars vir die straatligte.

Met na raming net 30% van straatligte wat in Parys en Vredefort nog brand, is hierdie baie goeie nuus vir inwoners. Die plan is om vir eers hoofsaaklik op Breë-, Water-, Loop, Grens- en Kruisstrate te fokus waarna daar hopelik ook aandag gegee kan word aan van die ander strate in die Ngwathe dorpe, veral die donkerste dele waar die meeste probleme en klagtes ontvang word.
Ongelukkig gaan die projek tyd neem omdat baie van die materiaal bestel moet word. Dit is ook nie seker hoe ver die kontrakteur sal kan vorder nie omdat daar soveel dooie straatligte is en net beperkte fondse wat vir die projek beskikbaar gestel is. Desnieteenstaande is dit minstens ’n  begin vir ’n  nagdonker Parys.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button