NewsNews

Konstruksiewerk aan Parys/Vredefortpad bykans voltooi

Baie goeie nuus vir Parysenaars is dat die R59 tussen Parys en Vredefort einde Julie weer heeltemal oopgestel sal wees vir verkeer. Die stop/rypunte sal na verwagting dalk reeds einde volgende week weggevat word, maar kleiner konstruksiewerk langs die pad sal nog tot einde Augustus gedoen word. Dit sal egter nie verkeersvloei affekteer nie. Vir motoriste is dit inderdaad blye nuus met ’n rit tussen Parys en Vredefort en weer terug wat jou die afgelope maande dikwels tot langer as ’n uur kon neem om die 20km heen en terug te voltooi.

Baie goeie nuus vir Parysenaars is dat die R59 tussen Parys en Vredefort einde Julie weer heeltemal oopgestel sal wees vir verkeer. Die stop/rypunte sal na verwagting dalk reeds einde volgende week weggevat word, maar kleiner konstruksiewerk langs die pad sal nog tot einde Augustus gedoen word. Dit sal egter nie verkeersvloei affekteer nie.
Vir motoriste is dit inderdaad blye nuus met ’n rit tussen Parys en Vredefort en weer terug wat jou die afgelope maande dikwels tot langer as ’n  uur kon neem om die 20km heen en terug te voltooi.
Dit beteken dat die totale R59 padgedeelte tussen Parys en Vredefort asook die hoofstraat van Vredefort tot by die Caltex-vulstasie by die uitgang van die dorp dan opgeknap sal wees.
Konstruksiewerk aan die R59 Parys/Vredefortpad het in Junie 2015 begin en hoewel daar oponthoude was is daar goeie vordering die laaste paar maande gemaak, sê die kontrakteur, Sedtrade.
Van die spanne sal met voltooiing van die projek na  projekte tussen Wepener en De Wetsdorp, en  tussen Deneysville en die Jim Fouche vakansieoord skuif.
Daar sal ook reeds in Julie begin werk word aan die laaste 12km padstrook voor Kroonstad.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button