NewsNews

Geen Meningitis sê PUK

‘n Damestudent aan die NWU se Potchefstroomkampus is met ‘n virale breinontsteking gediagnoseer.

‘n Damestudent aan die NWU se Potchefstroomkampus is met ‘n virale breinontsteking gediagnoseer.

Volgens ‘n verklaring op die NWU-Pukke Facebook-bladwat  is dit NIE die aansteeklike breinvliesontsteking is nie.

“Sy is in ‘n hospitaal in Krugersdorp opgeneem en word vir haar simptome behandel. Daar is dus geen moontlikheid vir aansteeklikheid nie en ons versoek u om enige gerugte oor meningitis op die kampus in die kiem te smoor,” lui die verklaring

Vroeër vanjaar is Nicola Badenhorst aan breinvliesontsteking oorlede en  Leana Labuschagne is verlede jaar ook aan die siekte oorlede.

Johan van Zyl, skakelbeampte by die Potchefstroom kampus, het by navraag beklemtoon dat dit NIE die aansteeklike breinvliesontsteking is nie.

“Ons het mense in kennis gestel bloot omdat daar gerugte die rondtes gedoen het dat die geval ook meningitis was,” het Van Zyl gesê.

Related Articles

Back to top button