NewsNews

Parysenaars – kom maak vandag ‘n verskil

Vir Jan Alleman mag dit dalk lyk na net ’n druppel in die Suid-Afrikaanse Bloeddiens se spreekwoordelike emmer, maar met bloedvoorrade wat gewoonlik laag is gedurende die wintertydperk, maak elke eenheid saak. En juis daarom gaan Parysenaars en Viljoenskroners mekaar die stryd aansê om ’n verskil te maak vir ander in nood. Die Bloeddiens in samewerking met die Rotariërklubs van Parys en Viljoenskroon, bied ’n uitdaging aan Parysenaars en inwoners van Viljoenskroon om te kyk wie die meeste eenhede bloed kan insamel. Parysenaars kan vandag 12 Julie vanaf 13:00 tot 19:00 bloed skenk in die kerksaal van die Hervormde Kerk h/v Loop- en Paulsenstraat, om die dorp ’n hupstoot in die uitdaging te gee. Viljoenskroners kry hul beurt net die week daarna op Dinsdag 19 Julie by die NG Moedergemeente kerksaal vanaf 11:00 tot 18:00.

Vir Jan Alleman mag dit dalk lyk na net ’n druppel in die Suid-Afrikaanse Bloeddiens se spreekwoordelike emmer, maar met bloedvoorrade wat gewoonlik laag is gedurende die wintertydperk, maak elke eenheid saak. En juis daarom gaan Parysenaars en Viljoenskroners mekaar die stryd aansê om ’n  verskil te maak vir ander in nood.
Die Bloeddiens in samewerking met die Rotariërklubs van Parys en Viljoenskroon, bied ’n  uitdaging aan Parysenaars en inwoners van Viljoenskroon om te kyk wie die meeste eenhede bloed kan insamel. Parysenaars kan vandag 12 Julie vanaf 13:00 tot 19:00 bloed skenk in die kerksaal van die Hervormde Kerk h/v Loop- en Paulsenstraat, om die dorp ’n  hupstoot in die uitdaging te gee. Viljoenskroners kry hul beurt net die week daarna op Dinsdag 19 Julie by die NG Moedergemeente kerksaal vanaf 11:00 tot 18:00.
Die doelwit vir elke gemeenskap is om 100 eenhede bloed in te samel. Vir elke dag wat hierdie doelwit nie bereik word nie, word die beskikbare voorraad uitgeput. Pasiënte benodig ongeveer 3 000 eenhede bloed per dag. Word deel van die groep gereelde bloedskenkers en maak ’n  verskil.
Om ’n  bloedskenker te wees moet jy:
1. Tussen die ouderdom van 16 en 65 wees.
2. Meer as 50kg weeg.
3. Iets voor jou skenking eet.
4. ’n Veilige seksuele leefstyl lei.
5. Gesond wees op die dag van skenking.
Skenk bloed en gee iemand ’n toekoms.

Kom Parysenaars kom ons maak vandag ‘n verskil in iemand se lewe

Related Articles

Back to top button