NewsNews

Nog titelaktes vir Ngwathe inwoners oorhandig

Van die 54 titelaktes waarvan 27 deur Kobus Dannhauser geborg is , is vanoggend aan inwoners van Tumahole by die Forum-gebou oorhandig as deel van die Free Market Foundation se Khaya Lam inisiatief.

Van die 54 titelaktes waarvan 27  deur Kobus Dannhauser geborg is , is vanoggend aan inwoners van Tumahole by die Forum-gebou oorhandig as deel van die Free Market Foundation se Khaya Lam inisiatief. 

Met die inisiatief word mense wie kwalifiseer die geleentheid gegee om eiendom te besit wat voorheen nie die voorreg gehad het nie. Ngwathe burgemeester, Joey Mochela, het in haar boodskap tydens die oorhandigingsgeleentheid aan Devina Dannhauser, wat die Dannhauser familie verteenwoordig het, gesê dat dit geweldig baie vir mense beteken om iets hul eie te mag noem. Sy het haar dank vir die skenking aan die familie betuig.

Die oorblywende titelaktes wat nie vandag oorhandig is nie, sal Maandagoggend in die Mosepidi-saal in Tumahole oorhandig word.

 

Related Articles

Back to top button