NewsNews

Pensionarisse moet onthou

Pensionarisse wat kwalifiseer vir kortings op erfbelasting vir die nuwe munisipale belastingjaar wat op 1 Julie 2016 begin het, moet othou dat aansoeke vir die afslag gedoen moet word voor 31 Augustus 2016.

Om te kwalifiseer moet die applikant eienaar van die eiendom wees en dit self bewoon, ouer wees as 60 jaar of ’n  ongeskiktheidspensioen ontvang en nie eienaar wees van meer as een eiendom nie.
Die inkomste van die huishouding (d.w.s. applikant en gade) moet minder wees as R 6 207,00 per maand. Kortings word as volg bereken: Op inkomste van R 0,00 tot R 3 100,00 per maand – 100%; Op inkomste van R 3 101,00 tot R3 952,00 per maand – 40% en op inkomste van R 3 953,00 tot R6 207,00 per maand – 15%.
Aansoekvorms vir die korting is by die munisipale kantore beskikbaar en pensioenarisse wat hulp met die aansoek benodig is welkom om Raadslid Phillip van der Merwe van die Vryheidsfront Plus te kontak by 058 852 2041.

Related Articles

Back to top button