NewsNews

SA se Wiskunde en Wetenskap opvoeding die swakste

In ʼn verslag van die Wêreld-Ekonomiese Forum (WEF) wat pas uitgereik is, is bevind dat Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskap-opvoeding die swakste in die wêreld is en sy algehele onderwysstelsel op twee na die swakte op aarde.

In ʼn verslag van die Wêreld-Ekonomiese Forum (WEF) wat pas uitgereik is, is bevind dat Suid-Afrika se wiskunde- en wetenskap-opvoeding die swakste in die wêreld is en sy algehele onderwysstelsel op twee na die swakte op aarde.

 

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor basiese onderwys, sê dit is totaal onaanvaarbaar vir ʼn land met Suid-Afrika se hulpbronne en vermoë om ʼn swakker onderwysstel te hê as lande soos Nigerië, Mosambiek, Malawi of self ʼn bankrot Zimbabwe.

 

Hy sê dit onderstreep meer as enigiets anders die ongelooflike pas waarteen die ANC-regering die land op ʼn vernietigingspad gelei het.

 

“Die ware tragiek en onheil in hierdie situasie lê in die feit dat Suid-Afrika se toekoms in die hande van sy jeug lê wat die leiers van more is. Die toekomsprentjie met die ANC aan die stuur is werklik somber. Die ANC kan bloot nie langer vertrou word met die land se toekoms nie,” sê adv. Alberts.

 

  • Die bevindinge van die WEF word gedoen aan die hand van ʼn meningspeiling onder sakeleiers oor ʼn verskeidenheid onderwerpe wat deel vorm van die forum se jaarlike Uitvoerende Meningspeiling.
  • Singapoer word volgens die WEF tans beskou as die land met die beste onderrig in wiskunde en wetenskap. Nieu Seeland is tiende, Egipte 130ste en Suid-Afrika beklee die skokkende, laaste, 139ste plek op die lys. Vir die derde jaar in ʼn ry.

 

Related Articles

Back to top button