NewsNews

Chaos oor smart meters

 Nadat chaos gisteraand op die Ou Johannesburgpad tussen Waldrift en die Langrand-afrit uitgebreek het, is die groep betogers nou rustiger. Inwoners van Waldrift is gekant teen die smart meter-projek van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit. Alle voorafbetaalde kragmeters (prepaid meters) moet met die nuwe smart meters vervang word. Dit sal steeds op dieselfde prinsiep werk, maar …

 Nadat chaos gisteraand op die Ou Johannesburgpad tussen Waldrift en die Langrand-afrit uitgebreek het, is die groep betogers nou rustiger.

Inwoners van Waldrift is gekant teen die smart meter-projek van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit. Alle voorafbetaalde kragmeters (prepaid meters) moet met die nuwe smart meters vervang word. Dit sal steeds op dieselfde prinsiep werk, maar jy sal nie meer met die meter kan peuter om krag te spaar of verniet krag gebruik nie.

Inwoners van Waldrift het gisteraand hul ongelukkigheid duidelik gemaak toe hulle ‘n gedeelte van die Ou Johannesburgpad versper en bande begin brand het.

Daar is egter ooreengekom dat burgemeester Simon Mofokeng van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit vandag om 17:00 die groep sal toespreek met die voorwaarde dat hulle sal huis toe gaan.

Volgens DA-raadslid Isabel Lotz is daar steeds betogers, maar die polisie is op die toneel.

Motoriste moet liefs alternatiewe roetes gebruik.

* Sakelui van Parys is ‘n tyd gelede ook aan die smart meters bekendgestel en verskeie van dié meters is reeds by besighede geïnstalleer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button