NewsNews

AfriForum herstel 15 990 slaggate teen byna R2,5 miljoen

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gedurende hul nasionale slaggatmaand in Mei 2016 bykans 16 000 slaggate teen R2 479 000 landwyd herstel. Al AfriForum se takke het aan dié veldtog deelgeneem en meer as 636 ton teer is gebruik om die herstelwerk te voltooi.

Die burgerregte-organisasie AfriForum het gedurende hul nasionale slaggatmaand in Mei 2016 bykans 16 000 slaggate teen R2 479 000 landwyd herstel. Al AfriForum se takke het aan dié veldtog deelgeneem en meer as 636 ton teer is gebruik om die herstelwerk te voltooi.

 

Volgens Marcus Pawson, hoof van plaaslike regering by AfriForum, het die organisasie aanvanklik beplan om 12 000 slaggate teen R2 miljoen te herstel, maar gedurende die verloop van die veldtog gesien dat groter ingryping nodig is. 

 

Pawson sê voorts dat dié veldtog AfriForum se tweeledige strategie, naamlik selfdoen en staatsonafhanklikheid, in gemeenskappe versterk het.

 

“Die strategie behels onder meer dat AfriForum se takke die staat verantwoordelik moet hou om dienste te lewer. Ons takke moet verder sorg dat gemeenskappe selfstandig word deur onder meer selfdoeninisiatiewe. Om dít te bereik, is regsprosesse teen munisipaliteite dikwels nodig.”

 

Pawson sê dat munisipaliteite dikwels verskillend op aanmanings en regsaksies reageer. “Sommige munisipaliteite het voor die afskop van die projek positief op AfriForum se aanmanings gereageer en slaggate óf self herstel óf hul samewerking aan die organisasie gebied. Regsaksie sal teen munisipaliteite wat AfriForum se aanmanings geïgnoreer het, geneem word en alle uitgawes sal teruggeëis word.”

 

Munisipaliteite wat in reaksie op AfriForum se aanmanings slaggate herstel het, het na raming sowat R1,4 miljoen spandeer en 5 638 slaggate reggemaak.

 

“Ons hoop dat hierdie en soortgelyke veldtogte ʼn positiewe kopskuif by lede van die gemeenskap sal bewerkstellig en tot ʼn verbetering in munisipale dienslewering, maar ook ʼn verhoging in selfdoenprojekte sal lei,” sê Pawson.

 

Sluit aan by AfriForum: SMS die naam van jou dorp na 45354 (R1).

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button