NewsNews

Nóg woonbuurte by herwinningsprojek betrek

Inwoners in Parys wie se rommel Vrydae verwyder word, word ook nou versoek om hul herwinbare afval by oorsprong te skei van gewone rommel. Inwoners wie se rommel Donderdae verwyder word doen dit nou reeds vir die derde week. “Dis almal noordwes van Loopstraat, en noord van Waterstraat, tot by die rivier, “ sê DA-raadslid Saal de Jager op wie se inisiatief die projek begin is. “Mense plaas bloot hul herwinbare rommel op die sypaadjie, net langs hul swart sak met afval vir die stortingsterrein.” Herwinbare items sluit in bottels, blikke, plastiek, papier en karton. Die herwinbare materiaal word dan apart verwyder deur rommelsmouse, en beland nie op die strortingsterrein nie.

Inwoners in Parys wie se rommel Vrydae verwyder word, word ook nou versoek om hul herwinbare afval by oorsprong te skei van gewone rommel. Inwoners wie se rommel Donderdae verwyder word doen dit nou reeds vir die derde week. “Dis almal noordwes van Loopstraat, en noord van Waterstraat, tot by die rivier, “ sê DA-raadslid Saal de Jager op wie se inisiatief die projek begin is.
“Mense plaas bloot hul herwinbare rommel op die sypaadjie, net langs hul swart sak met afval vir die stortingsterrein.” Herwinbare items sluit in bottels, blikke, plastiek, papier en karton. Die herwinbare materiaal word dan apart verwyder deur rommelsmouse, en beland nie op die strortingsterrein nie.
De Jager het groot lof vir “die verblydende samewerking” deur die publiek tot dusver, hoewel nie alle inwoners in die teikengebiede betyds bereik is nie.
Nasionale wetgewing vereis dat munisipaliteite nou hul inwoners aanmoedig om hul herwinbare afval by oorsprong te skei van onherwinbare afval. Maar Ngwathe munisipaliteit het nog min probeer doen, sê die DA-raadslede.
De Jager sê herwinning van bruikbare rommel bring groot voordele. “Wetgewing vereis dit, Parys se stortingsterrein is reeds oorvol, herwinning is goed vir die omgewing, en dit bevorder werkskepping en welvaart, ”
Die inisiatief sal weekliks uitgebrei word totdat die munispaliteit daarby inval.
Parys se munisipale stortingsterrein is al jare lank sonder lisensie en dus onwettig. Daarom maak die gemors by Parys se oorvol stortingsterrein ingryping nou noodsaaksaaklik, sê hy.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button