NewsNews

Marx-moord: Vonnis môre gehoor

Koen van Aswegen (53), sy seuns JR (22) en Nicolai (18), en 'n skoolmaat, David Kruger, hoor môre, Vrydag 1 Julie wat hul vonnis is vir die moord op sakeman Craig Marx (47) wat in Desember 2014 vermoor en beroof is. Die vier is reeds in Februarie vanjaar op beide klagte van moord en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.

Koen van Aswegen (53), sy seuns JR (22) en Nicolai (18), en ‘n skoolmaat, David Kuyler, hoor môre, Vrydag 1 Julie, wat hul vonnis is vir die moord op sakeman Craig Marx (47). Marx is in Desember 2014 vermoor en beroof. Die vier is reeds in Februarie vanjaar op beide klagte van moord en roof met verswarende omstandighede skuldig bevind.

Waarnemende regter Lani Opperman het die saak wat in Mei bestem was vir vonnisoplegging, met die laaste hofsitting uitgestel nadat korrektiewe verslae waarvoor  in April gevra is, onvolledig was. Die Departement van Korrektiewe Dienste moes verslae opstel oor moontlike gepaste vonnisse vir David en Nikolai omdat hulle so jonk is. Die verslae sal na verwagting môre aan die hof voorgehou word.

Beide Koen en JR is sedert hul inhegtenisname in aanhouding, terwyl Nicolai in die sorg van sy moeder, Drienie, geplaas is, en David uit is op borg.

Marx is op 4 Desember 2014 na Kuyler se huis gelok onder valse voorwendsels waar hy toe aangerand, sy bankkaart gevat en geld uit sy rekening onttrek is. Hy is dood aan versmoring waarvoor JR vroeër in die hof skuld erken het.  Sy liggaam is daarna toegedraai in bouersplastiek en toe in sakke gesit, waarop dit versteek is in ‘n stormwaterpyp langs die Kopjeskraalpad.

Nadat van die liggaam ontslae geraak is, is die vier saam met André Kruger, ook ‘n skoolmaat van David en Nikolai en wie vir die staat getuig het in die saak, na ‘n inkopiesentrum in Potchefstroom waar met Marx se bankkaart inkopies gedoen is vir onder meer X-box’e.

Kruger het twee weke na Marx se verdwyning die toneel aan die polisie uitgewys waar die liggaam versteek is.

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button