NewsNews

Koedoe spring voor kar in: ‘So goed of hy was in die kryt’

Die operasionele bestuurder van Stonehenge in Africa, Juan Grobler, het verlede week waarskynlik baie ernstige beserings net-net vrygespring toe hy met sy motor in 'n koedoe vasgery het. Hy was die betrokke dag omstreeks 17:00 op die Koppieskraalpad naby Parys toe die koedoe skielik voor hom in die pad was.

Die operasionele bestuurder van Stonehenge in Africa, Juan Grobler, het verlede week waarskynlik baie ernstige beserings net-net vrygespring toe hy met sy motor in ‘n koedoe vasgery het. Hy was die betrokke dag omstreeks 17:00 op die Koppieskraalpad naby Parys toe die koedoe skielik voor hom in die pad was.

Met die botsing het die koedoe half bo-op die motor te lande gekom en in ‘n poging om weg te kom, het hy met een van sy pote deur die ruit van die motor getrap en Juan aan die kant van sy kop getref.
Juan sê hy het gelukkig sy bewussyn behou en kon die voertuig tot stilstand bring. Die koedoe was daarna skoonveld en hulle kon geen bloedspoor kry of enige tekens dat die koedoe ernstig beseer is nie.

Juan, wat steke aan sy wang moes kry waar die koedoe se hoef hom getref het, sê hy oorweeg dit om te begin boks, want die dokter sê ‘n man wat so ‘n hou kon deurstaan, sal goed in ‘n bokskryt vaar!

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button