NewsNews

Aardklop sien af van ekstra fooi op stalletjiepryse

Mense wat aansoek wou doen om stalletjies by Aardklop te bekom, het sterk reageer op die voorgestelde koste van die stalletjies.

Mense wat aansoek wou doen om stalletjies by Aardklop te bekom, het sterk reageer op die voorgestelde koste van die stalletjies.

Op die Facebook groep, ‘Aardklop: Let’s do it’, het een vrou veral gekla oor die 7.5% van transaksies wat gehef sou word as deel van die staanplek se prys. ’n Standaard 3x3m stalletjie binne ’n markiestent sou stalletjiehouers R3 225 plus 7.5% van verkope uit die sak gejaag het. ’n Kantry-hoekstalletjie sou R3 870 plus 7.5% van verkope terwyl ’n middelry-hoekstalletjie R5 375 plus 7.5% van verkope sou kos.
Voornemende stalletjiehouers het gevoel in vergelyking met ander feeste, is Aardklop besig om onnodig te skep.
By Innibos kos ’n standaard 3x3m stalletjie R3 150, die prys gaan op na R3 250 en R3 460 soos die posisie van die stalletjie verbeter. Al die pryse is vir die volle tydperk van die fees en sluit ook krag in.
Volgens Chris de Bruyn, bedryfsbestuurder van Aardklop, is daar oorweeg om ‘n kontantlose stelsel te gebruik en die 7,5% was bedoel as die diensfooi waarvan 2,5% na die banke toe sou gaan, 2,5% na die diensverskaffer en 2,5% na Aardklop.
“Na sterk reaksie wat ons van die voornemende stalletjiehouers ontvang het, is daar besluit om die kontantlose stelsel nie vanjaar te gebruik nie.
Alle stalletjiehouers sal binnekort nuwe aansoekvorms met nuwe inligting ontvang,” het De Bruyn gesê.
Volgens Anne-Mari Raath, in beheer van kunstenaars en borglogistiek van Aardklop, is die Facebookblad waarop oorspronklik gekla is, nie Aardklop se amptelike blad nie.
“Die amptelike Facebookblad is ‘Aardklop Nasionale Kunstefees’.
Daar is ook ’n webtuiste wat Maandag gefinaliseer behoort te word,” het Raath gesê.
Die webtuiste is www.potchfees.co.za.

Related Articles

Back to top button