NewsNews

Waternood – Help om dié naweek ‘n verskil te maak

As jy graag 'n verskil wil maak aan die waternood van die mense van Kroonstad, kan jy water of selfs leë houers afgee by Hospitaalweg 10 voor hierdie Saterdag 25 Junie om 07:00.

As jy graag ‘n verskil wil maak aan die waternood van die mense van Kroonstad, kan jy water of selfs leë houers afgee by Hospitaalweg 10 voor hierdie Saterdag 25 Junie om 07:00.

Sakkie Gelderblom en sy vrou, Yvonne, het reeds op 16 Junie sowat 5 000 liter water vir die mense van Kroonstad gevat. Hierdie mooi gebaar is met soveel dankbaarheid ontvang.

Sakkie werk in die buiteland en was aangegryp deur die nood van Kroonstadse inwoners wat hy daar op sosiale media raakgelees het. Met die hulp van die NG Oos-gemeente en Danie en Retha Maree kon die eerste vrag water gevat word.

Parysenaars ervaar gereeld waterprobleme as gevolg van pype wat breek maar weet ons werklik wat waternood is. Kom ons help as gemeenskap om ‘n verskil vir ander te maak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button