NewsNews

Ngwathe moet betaal, sê OB

Ngwathe-munisipaliteit is pas deur die Openbare Beskermer (OB) gelas om gelde oor die afgelope drie jaar gehef vir die suig van ’n rioolput van ’n inwoner van Edenville aan hom terug te betaal. Dit volg ná ’n klagte wat VF Plus-raadslid Phillip van der Merwe namens hom by die OB ingedien het. “Die Grondwethof het lankal in die Rademan saak beslis dat munisipaliteite slegs diensgelde kan hef ten opsigte van dienste wat werklik gelewer word,” sê raadslid van der Merwe.

Ngwathe-munisipaliteit is pas deur die Openbare Beskermer (OB) gelas om gelde oor die afgelope drie jaar gehef vir die suig van ’n  rioolput van ’n  inwoner van Edenville aan hom terug te betaal.
Dit volg ná ’n  klagte wat VF Plus-raadslid Phillip van der Merwe namens hom by die OB ingedien het. “Die Grondwethof het lankal in die Rademan saak beslis dat munisipaliteite slegs diensgelde kan hef ten opsigte van dienste wat werklik gelewer word,” sê raadslid van der Merwe.
In hierdie geval is vir jare geen diens gelewer nie, maar tog maandeliks ‘n fooi van die inwoner gehef asof die diens wel gelewer was.
Die munisipale bestuurder is gelas om voor 1 Julie 2016 aan te dui of hy die OB se direktief gaan uitvoer. “Ek is oortuig dat die direktief by wyse van ’n hofbevel afgedwing sal kan word indien die munisipale bestuurder dit nie vrywillig sou implementeer nie,” meen raadslid van der Merwe.
“Hierdie is ’n  groot deurbraak in die Vryheidsfront Plus se deurlopende inisiatiewe om die belange en regte van munisipale belastingbetalers te beskerm en te verseker dat hulle nie belas word met heffings sonder dat dienslewering in ruil daarvoor ontvang word nie,” het Van der Merwe bygevoeg.
Inwoners sal op hoogte gehou word met verwikkelinge. Mnr. Van der Merwe verwag binnekort verdere direktiewe deur die OB ten aansien van ander klagtes rondom heffing van ongepromulgeerde erfbelasting, foutiewe rekeninge ensovoorts wat tans ondersoek word.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button