NewsNews

Leserskring maak weer sy deure oop

Leserskring, een van die grootste boekklubs in Suid-Afrika wat ook in Parys heelwat lede gehad het, maak vanaf Augustus vanjaar weer sy deure oop!

Leserskring, een van die grootste boekklubs in Suid-Afrika wat ook in Parys heelwat lede gehad het, maak vanaf Augustus vanjaar weer sy deure oop!

Die Klubs (beide Leserskring én Leisure Books) is deur IMD Logistics, ‘n vooraanstaande maatskappy ten opsigte van verspreiding, gekoop. Die nuwe eienaars voel sterk daaroor dat die Leserskring/Leisure Books-tradisie móét voortleef.

Volgens Leserskring is ‘n positiewe reaksie van verskaffers en bekendes in die uitgewersbedryf ontvang. Human & Rousseau se fiksie-uitgewer Nélleke de Jager sê , “Dit is fantastiese nuus dat Leserskring steeds met ons sal wees. Daar is soveel lede daarbuite vir wie Leserskring nog altyd ‘n lewenslyn was na veral Afrikaanse/plaaslike boeke. Dit is voorwaar goeie nuus vir die plaaslike boekbedryf, en natuurlik ook die uitgewersbedryf.”

Leserskring was tot en met sy sluiting vir meer as 35 jaar deel van Suid-Afrikaanse én Namibiese huise.

Ons werk baie hard om alles betyds gereed te kry. Alhoewel ons opgewonde is om die nuwe (selfs beter) Leserskring te loods, wil ons jou gerus stel dat ons daarop fokus om dít wat die Klub vir ons lojale Lede so besonders gemaak het, behoue te laat bly.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button