NewsNews

Whatsapp groepe fnuik skaapdiewe

Hoe suksesvol WhatsApp groepe is om inligting oor verdagte bewegings en voertuie, maar ook misdaadtendense in woonbuurte deur te gee, is die afgelope naweek weer bewys toe sewe skape van Paul de Ponte binne minute teruggekry is nadat dit op die Pistoriusrus plotte gesteel is.

Hoe suksesvol WhatsApp groepe is om inligting oor verdagte bewegings en voertuie, maar ook misdaadtendense in woonbuurte deur te gee, is die afgelope naweek weer bewys toe sewe skape van Paul de Ponte binne minute teruggekry is nadat dit op die Pistoriusrus plotte gesteel is.
Paul self sĂȘ hy kon dit nie glo nie. Toe hy Saterdagoggend ontdek dat sy drade geknip is en die skape weg is, het hy onmiddellik die inligting aan Ryno Lindeque van die We Care groep deurgegee wat daagliks inligting oor waterlekke, kragprobleme, misdaad en selfs verlore troeteldiere sirkuleer. Lede van die groep ry ook gereeld patrollies in die woonbuurte.
Skaars was die inligting oor die gesteelde skape op die We Care groep geplaas of  Herman van Wyk van die Vredefort Gemeenskap Polisiëring Forum wat ook as inligtingskoördineerder by verskeie WhatsApp veiligheidsgroepe betrokke is, het twee en twee bymekaar gesit en besef dat die skape wat naby die nuwe begraafplaas opgemerk is en op van die ander groepe deurgegee is, bes moontlik De Ponte se skape moet wees.
Veediefstal is tans ’n enorme probleem in die Noordwes Vrystaat en insidente word bykans daagliks gerapporteer.
Mense se betrokkenheid by hierdie WhatsApp groepe om inligting te versprei juis waar dit kom by misdaad, kan nie onderskat word nie, sĂȘ beide Herman en Ryno. Ongeag of jy inligting aan die polisie self, jou sekuriteitsmaatskappy of ander WhatsApp groepe wat inligting versprei deurgee – dit kan ’n  verskil maak. Hoe vinniger inligting oor verdagte persone, bewegings of voertuie deurgegee word, hoe vinniger kan gereageer word op hierdie inligting en help dit ook om inwoners se bewustheid oor misdaad op te skerp.
Daarmee saam sĂȘ Herman is dit baie belangrik dat mense, veral families gebruik sal maak van die funksie op android fone waarmee jy ’n ingeboude opsporingstelsel eenvoudig en maklik kan aktiveer.
Die afgelope naweek weer is twee vroue in Parys in twee afsonderlike besighede deur rowers oorval. Huisbrake en inbrake by besighede en wonings in Parys het ook skerp gestyg oor die afgelope maande en selfs voertuigdiefstal wek kommer.
Moet nooit dink dat jy gevrywaar is van misdaad nie. Raak betrokke en help om misdaad vas te vat in jou woonbuurt deur bloot op te let wat in jou woonbuurt gebeur.
* Goeie nuus is dat Vredefort GPF ook verlede week ’n  vergadering gehou het juis oor plaasaanvalle na aanleiding van die regering se onderneming om dit as prioriteitsmisdaad aan te spreek.
Verteenwoordigers van Vredefort GPF, AfriForum, Agri SA, TLU, VLU, die polisie en selfs slagoffers van plaasaanvalle was teenwoordig. ’n  Beroep is tydens die vergadering juis gedoen vir die daarstel van ’n  spesialis-eenheid in die Vrystaat wat hierdie misdade kan ondersoek. Verskeie probleme in die ondersoeke van hierdie aanvalle is uitgewys asook gebreke in die regstelsel en die feit dat daar nog van regeringskant nie genoeg gedoen word vir trauma berading van slagoffers van misdaad.
Daar sal nou op nasionale en provinsiale vlak gekyk word na die opsies wat op die tafel gesit is.

Related Articles

Back to top button