NewsNews

Trane oor water: Parysenaars aangegryp deur Kroonstad-nood

“Vandag toe ons water Kroonstad toe gevat het was my hart baie seer. Daar was ’n ou tannie van so 80 wat op haar stoep gesit het met ’n kierie. Ons het gestop en die oomblik toe sy die water sien, klap sy haar hande en haar hele gesig het sommer gesmile. Ek besef vanaand weer hoe bevoorreg ons is om ’n kraan oop te draai en water te kan gebruik. Die mense by die ouetehuis was net so dankbaar en ek kan net dankie sê uit my hart vir dit was ons het en nie elke dag waardeer nie.”

Só skryf Parysenaar Yvonne Gelderblom nadat sy en haar man Sakkie, verlede week 16 Junie met die hulp van Danie en Retha Maree water gevat het vir mense in Kroonstad wat een van die dorpe is wat swaar trek onder die waternood in die land.
Die waternood in Kroonstad het Sakkie so aangegryp waar hy die storie op sosiale media gevolg het terwyl hy in die buiteland werk , dat hy daar en dan besluit het dat hy iets aan die nood van hierdie mense wil doen. Hy en Yvonne het begin water bymekaar maak en het ook hulp van gemeentelede van die NG Parys-Oos gemeente gekry wat houers vol water saamgestuur het. Ook Oasis het gehelp met afslag vir water wat Sakkie-hulle uit eie sak gekoop het vir die mense van Kroonstad. Die water kon by ’n  kliniek, ouetehuise en verskeie inwoners in nood afgegee word. Baie mense het ook van Sakkie se poging te hore gekom en spesifiek gevra dat water vir familie in Kroonstad gevat word.
Sakkie vertel dat mense so desperaat is vir water dat kleppe by watertenks wat opgesit is in die gemeenskap al afgebreek word net om water te kry.
Met die 16de se poging is sowat 5 000 liter water gevat en was daar soveel trane van dankbaarheid by die mense wat water ontvang het.
Sakkie en Yvonne sal weer op 25 Julie om 07:00 Kroonstad toe ry met water. Enigeen wat water wil skenk of selfs net leë houers het om te skenk sodat dit vol water gemaak kan word vir die mense van Kroonstad, kan dit afgee by Hospitaalweg 10.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button