NewsNews

Restaurant-eienaar loop wéér deur

Skaars drie weke nadat ’n restauranteienaar in sy eetplek aangeval is, het hy verlede week weer deurgeloop toe daar twee keer in twee dae verdagtes op sy woonperseel was en daar een aand ingebreek is. Fanie Smit, eienaar van Garnish restaurant, het Vrydagaand verdagtes op sy perseel betrap. Hy het hulle egter verjaag. Saterdagaand was daar weer verdagtes op sy perseel en het hulle die hek na die agterste gebou oopgebreek en kos gesteel.

Skaars drie weke nadat ’n restauranteienaar in sy eetplek aangeval is, het hy verlede week weer deurgeloop toe daar twee keer in twee dae verdagtes op sy woonperseel was en daar een aand ingebreek is.
Fanie Smit, eienaar van Garnish restaurant, het Vrydagaand verdagtes op sy perseel betrap.
Hy het hulle egter verjaag. Saterdagaand was daar weer verdagtes op sy perseel en het hulle die hek na die agterste gebou oopgebreek en kos gesteel.

Smit het die oopgebreekte hek eers die Sondagoggend gesien. Asof dit nie genoeg was nie, het hy sonder sukses vier verskillende nommers probeer skakel om die polisie in die hande te kry.
“Ek het al die nommers geskakel, maar nie een het gewerk nie. Ek het daarna Mooirivier Beskerming gebel wat nie my huis monitor nie, maar wel my besigheid, en ek het dadelik reaksie ontvang. Ek wil nou versoek dat die polisie se begroting eerder na Mooirivier Beskerming oorgeplaas word.
“Dink net hoe veilig gaan ons wees met Mooirivier Beskerming en harmonie in ons woonbuurte,” het ’n gefrustreerde Smit na die voorval op Facebook gesê.
Gazette het op 26 Mei berig dat Smit op 22 Mei in sy eetplek deur ’n man vir wie hy vroeër die dag kos gegee het, aangeval is.
Gazette het verneem dat daar glo Sondag wel ’n probleem met die polisie se telefoonlyne was. Die Potchefstroom Gemeenskapspolisiëringsforum het Sondagoggend ’n alternatiewe nommer versprei.
Volgens kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, is daar verskeie nommers wat geskakel kan word om by die polisiestasie uit te kom.
“Elke afdelingshoof, byvoorbeeld die stasiebevelvoerder, hoof van die speurtak en hoof van sigbare polisiëring se selnommers is ook by die aanklagkantoor beskikbaar,” sê hy.
Die nommers is:
Noodnommer direk na die polisiestasie is 112.
Die beheerkamer se nommers is (018) 299 7476/7477.
Die direkte lyn na die aanklagkantoor is (018) 299 7457.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button