NewsNews

Nog geen verhoordatum vir 11

Die 11 beskuldigdes wat tereg staan op klagte van moord ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa, weet steeds nie wanneer die saak in die hoë hof aangehoor sal word nie. Ná ure se wag vanoggend 17 Julie, is die saak nog eens uitgestel, dié keer na 15 Julie, ná die staat nie die dossiere van die ondersoek aan die regspanne van die beskuldigdes kon oorhandig nie. Die uitstel is weer in camera gedoen om die identiteit van die minderjarige te beskerm wat ook onder die beskuldigdes is. Almal se borgtog is verleng terwyl die minderjarige in die sorg van sy moeder is.

Die 11 beskuldigdes wat tereg staan op klagte van moord ná die dood van Samuel Jubeda en Simon Tjixa, weet steeds nie wanneer die saak in die hoë hof aangehoor sal word nie. Ná ure se wag vanoggend 17 Julie, is die saak nog eens uitgestel, dié keer na 15 Julie, ná die staat nie die dossiere van die ondersoek aan die regspanne van die beskuldigdes kon oorhandig nie.
Die uitstel is weer in camera gedoen om die identiteit van die  minderjarige te beskerm wat ook onder die beskuldigdes is. Almal se borgtog is verleng terwyl die minderjarige in die sorg van sy moeder is.
Naas die minderjarige is die ander beskuldigdes Anton Loggenberg (49), sy seun Cor (18), Boeta van der Weshuizen (46), sy seun Loedie Jr (18), Miela Jansen van Vuuren (22), kapt. Henk Prinsloo (46), Fanie Oosthuizen (42), Wian van der Westhuizen (20), Muller van der Westhuizen (19) en Wikus van der Westhuizen (19).
Dit was betreklik stil Vrydag by die hof met heelwat minder mense wat die verrigtinge bygewoon het as met vorige hofverskynings.
Dit is egter nog nie duidelik of die saak hier in Parys voor die rondgaande Hoë Hof gehoor sal word, en of die saak moontik na Kroonstad of Welkom geskuif gaan word.
Jubeda en Tjixa se dood het gevolg ná meer as 40 boere op 6 Januarie vanjaar gereageer het toe die 73-jarige Loedie van der Westhuizen, pa van Boeta en oupa van Loedie Jr, die noodknoppie gedruk het ná ’n  aanval op hom op sy plaas.
Die boere het in die lig van waarskuwings van ’n  moontlike plaasaanval in die spesifieke omgewing wat al in Desember verlede jaar bekend geword het, dadelik gereageer, en is die oorledenes deur van die boere op een van die buurplase gearresteer.
Die oorledenes is toe glo sodanig beseer dat hul kort na die arrestasie aan hul beserings in die hospitaal beswyk het.
Die familie van die oorledenes en EFF lede het na die voorval beweer dat die oorledenes glo agterstallige lone by Loedie van der Westhuizen wou gaan haal het wat glo deur Boeta aan hulle verskuldig was. Bewerings in sommige dagblaaie dat dit glo nie ’n plaasaanval was nie, is met groot ontsteltenis deur die boeregemeenskap van Parys ontvang.
Miela Jansen van Vuuren wat naas die moordklagte ook tereg staan op ’n klag van oortreding van die Vuurwapenwet, sal in Julie vir dié klag voor die streekhof verskyn. Die intimidasieklag teen Boeta van der Westhuizen is teen hom laat vaar. Hy is in Maart vanjaar in hegtenis geneem ná ’n dreigoproep aan die Valke se kapt. Francois Laux
Tjixa se ma, Ruth Qokotha het ook Vrydag se hofverrigtinge bygewoon.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button