NewsNews

AfriForum en andere Maandag in Bloemfonteinse hooggeregshof oor Afrikaans by UV

Op Maandag 20 Junie 2016 sal die saak van die burgerregte-organisasie AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit teen die 2017-taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV) in die Bloemfonteinse hooggeregshof aangehoor word.

Op Maandag 20 Junie 2016 sal die saak van die burgerregte-organisasie AfriForum, AfriForum Jeug en Solidariteit teen die 2017-taalbeleid van die Universiteit van die Vrystaat (UV) in die Bloemfonteinse hooggeregshof aangehoor word.

 

Dit volg nadat die raad van die universiteit op 11 Maart 2016 ’n nuwe taalbeleid goedgekeur het wat onder meer Afrikaans as onderrigtaal vanaf 2017 uitfaseer.

 

Volgens Alana Bailey, adjunk- uitvoerende hoof van AfriForum, het haar organisasie op 26 Februarie 2016 en weer op 4 Maart 2016 die senaat, bestuur en raad van die universiteit in regskrywes gewaarsku dat, indien daar voortgegaan sou word met stappe om Afrikaans as onderrigtaal aan dié universiteit te skrap, AfriForum regstappe sal neem om die taalregte van Afrikaanse studente en voornemende studente te beskerm. Die nuwe beleid is egter aanvaar en die partye moes die hof nader om uitsluitsel oor die kwessie te verkry.

 

AfriForum voel sterk daaroor dat Afrikaanssprekende studente nie van hulle reg tot moedertaalonderrig ontneem mag word nie, en dat die universiteit eerder moeite moet doen om aan meer studente toegang tot moedertaalonderrig te bied. Ons is bereid om dié beginsel tot op die hoogste vlak in die howe te verdedig,” sê Bailey.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button