Oudleerlinge van Hoërskool Parys hou weer hierdie jaar groot reünie op Saterdag 24 September 2016 by die Likkewaan kanoklub vanaf 12:00 tot laat.
Die organiseerders wil soveel moontlik oudleerlinge bymekaar kry en kyk of hulle hierdie jaar ‘n rekordgetal mense kan betrek. Almal wat nog net een reünie bygewoon het of nog glad nie, maak seker jy mis nie hierdie geleentheid nie.
Dagboek nou al die datum en kom deel in hierdie ongelooflike lekker kuier en gesels dag. Versprei ook die woord na almal met wie jy kontak het wat oudleerlinge van Hoërskool Parys was. Al het jy nie by Hoërskool Parys gematrikuleer nie, is jy ook welkom – van toeka tot 1985.
Vir navrae skakel gerus Petro by 082 820 4785.