NewsNews

Geloofsreis sonder verwyt

Vergifnis is ’n keuse. Om sonder verwyt of bitterheid, maar met ’n diepe berusting en Gods vrede in jou hart te kan praat wanneer jy soveel verloor het - selfs jou huweliksmaat, verg ’n ware en intense verhouding met God. ’n Stilwees in die wete dat Hy in beheer is. Hiervan het die tenger Yolande Korkie Saterdag getuig tydens die Herfstee van die Gereformeerde Kerk in Parys. Yolande en haar man, Pierre is op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer. Later is sy vrygelaat, maar ná 558 dae van bittere onsekerheid en alleen, is Pierre doodgeskiet tydens ’n mislukte reddingspoging deur die Amerikaanse spesiale veiligheidsmagte om hom en die Amerikaanse fotograaf, Luke Somers, te bevry.

Vergifnis is ’n  keuse. Om sonder verwyt of bitterheid, maar met ’n  diepe berusting en Gods vrede in jou hart te kan praat wanneer jy soveel verloor het – selfs jou huweliksmaat, verg ’n ware en intense verhouding met God. ’n Stilwees in die wete dat Hy in beheer is. Hiervan het die tenger Yolande Korkie Saterdag getuig tydens die Herfstee van die Gereformeerde Kerk in Parys.
Yolande en haar man, Pierre is op 27 Mei 2013 in Taiz, Jemen ontvoer. Later is sy vrygelaat, maar ná 558 dae van bittere onsekerheid en alleen, is Pierre doodgeskiet tydens ’n  mislukte reddingspoging deur die Amerikaanse spesiale veiligheidsmagte om hom en die Amerikaanse fotograaf, Luke Somers, te bevry.
Maar van die dae lange wroeging waartydens Yolande en Pierre gestroop is van alles wat vir hulle kosbaar was, selfs hul kinders, Pieter-Ben en Lize-Marie, het hierdie dapper vrou nie baie gepraat nie, ook nie oor hul aanhouding of wat in daardie angsvolle maande met hulle gebeur het nie. Nee, veel eerder was haar getuienis ’n  uitdaging aan elke man en vrou om werklik in Sy voetspore te loop. Sy het vertel hoedat selfs ’n  Bybel hulle geweier, maar dat met net papier en pen sy en Pierre gedwing was om te skryf wat hul uit die Bybel kon onthou.
Dat hulle daar in eensame ure van aanhouding besef het hoe kosbaar ’n  man se gebed vir sy vrou en kinders is. Hoe graag jy dikwels wens om ’n  paar uur van niksdoen te kan hê, maar hoe lank ’n  dag kan word as jy al die tyd het, maar nie weet of jy nog môre die son sal sien opkom nie. Haar intense geloofsreis, die besondere band wat sy en Pierre gehad het, en die liefdevolle steun wat daar buite was van mense wat vir hulle gebid het, is ’n  aangrypende verhaal wat Yolande ook in boekvorm verwoord het met haar boek 558 Dae wat  nou in beide Engels en Afrikaans beskikbaar is. Maretha Maartens het gehelp met die vertaling vir die Afrikaanse weergawe, en is hierdie boek ’n  lewenstroue skets van die 558 dae wat Pierre en Yolande Korke beleef het tydens hul gyselaarsdrama. Pierre se weergawe kon gegee word danksy sy joernale wat deur die Amerikaanse veiligheidsmagte aan haar besorg is, ná die drama verby was. Haar joenale het sy met haar saamgebring met haar terugkeer na Suid-Afrika waar sy met haar kinders verenig is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button