NewsNews

Mev. Vrystaat kroon vir Parys-sakevrou

Sy’s die nuut gekroonde Mev. Vrystaat en sy’s van Parys! Die mooie Esmé Booyens Burn is Saterdag in Bloemfontein gekroon.

Sy’s die nuut gekroonde Mev. Vrystaat en sy’s van Parys! Die mooie Esmé Booyens Burn is Saterdag in Bloemfontein gekroon.
Maar sy’s beslis nie net mooi nie. Esmé is ook ’n  kranige sakevrou wat die afgelope drie jaar haar eie mode-ontwerp onderneming, The Mark of E, in Parys bedryf. Sy het in Parys skoolgegaan en haar matriekjaar aan Hoërskool Transvalia voltooi met vyf onderskeidings. Daarna verwerf sy haar graad in mode-onwerp aan die Vaal Universiteit van Tegnologie, ook as een van die top studente in haar klas. ’n  Groot droom wat bewaarheid is vir haar wat haar eerste rok al op 6-jarige ouderdom gemaak het.
Esmé het eers vir drie jaar saam met bekende ontwerper Werner Dey gewerk, voordat sy haar eie onderneming begin het.
Skoonheidskompetisies is vir haar geen nuutjie nie en sy het van jongs af aan verskeie kompetisies deelgeneem ook paaslik, waaronder Mej. Parys en Mej. Dome. ’n  Groot hoogtepunt was toe sy in 2010 as semi-finalis vir die Mej. Suid-Afrika kroning aangewys is, en ook onder die top 100 finaliste was vir Mev. Suid-Afrika.
Haar rolmodel is Cindy Nel, veral omdat sy soos Esmé ,ook ’n  suksesvolle sakevrou is.
Maar hoe hou hierdie besige ma van klein JC (1), al die balle in die lug? Sy glo daaraan om ’n  tydskedule vir haar dag te hê.
Op dié manier maak sy tussendeur haar werk ook tyd daarvoor om voltyds self na JC te kyk sodat sy niks van sy grootword sal mis nie.
Daarbenewens sê Esmé is ’n  ondersteuningsbasis baie belangrik en staan haar familie en skoonfamilie haar baie by. Haar groot steunpilaar is haar ma, Charlene, wat ook haar besigheidsvennoot is en haar meestal vergesel na die talle funksies wat sy moet bywoon.
Sy het ook die hoogste lof vir haar man, Jonathan, wat ten spyte van sy eie besige werksverpligtinge, nooit té besig is om te help om haar toe te laat om haar drome te kan uitleef nie.
Hongersnood in ons land, veral waar dit by kinders kom, lê haar baie ná aan die hart en vandaar ook haar betrokkenheid by SA Food Bank en die Role Models Foundation.
“Dit is absoluut onaanvaarbaar dat mense, veral kinders, doodgaan van honger,” gesels sy.
En daarmee saam is toeganklikheid tot onderrig vir haar ook ’n groot hartskwessie. Albei Esmé se sussies is onderwysers  Syself het die uitdagings van disleksie te bowe gekom en gekies om nie spesiale onderrig te ontvang nie, maar in die hoofstroom onderwys met groot sukses haar skoolloopbaan en studies voltooi.
Haar boodskap wat sy uit die lewe geleer het – moet nooit dat iemand jou vertel dat jy nie iets kan doen nie. Styg uit bo jou omstandighede, want jy kan!
Esmé is ’n plaasmeisie wat grootgeword het op die plaas Reebokop in die Parys-distrik, en is die tweede oudste van vier kinders.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button