NewsNews

Help herwin vra DA-raadslede

Parys se munisipale stortingsterrein is al jare lank sonder lisensie en dus onwettig. Dit is ook nou oorvol en moet uitgebrei word. Afval kan egter drasties verminder as Parysenaars meer doen om hul afval te herwin.

Parys se munisipale stortingsterrein is al jare lank sonder lisensie en dus onwettig. Dit is ook nou oorvol en moet uitgebrei word. Afval kan egter drasties verminder as Parysenaars meer doen om hul afval te herwin.
So sê Parys se vyf DA-raadslede. Hulle is wyksraadslede Saal de Jager (Wyk 13) en Shirley Vermaak (Wyk 18), proporsionele raadslede, Small Sehume (Tumahole) en Fred Scholtz (Schonkenville), en koukusleier Arnold Schoonwinkel.
Schoonwinkel sê DA-raadslede probeer al jare lank die munisipaliteit oorreed om herwinning van rommel en hergebruik te bevorder, maar sonder sukses. Hy sê die gevaarlike toestand van Parys se oorvol stortingsterrein maak ingryping nou dringend nodig.
“In DA-beheerde munisipaliteite word groot sukses behaal, en daar is geen rede waarom ons in Parys, trouens in al vyf Ngwathe se dorpe, nie onmiddellik rommelstorting kan verminder deur middel van herwinning en hergebruik van bottels, plastiek, en papier nie.”
Hy sê DA-raadslede probeer vandeesweek opnuut die steun van burgemeester Joey Mochela kry. “As dit nie slaag nie, dink ons die publiek is nou gereed vir ‘n burgerlike inisiatief, wat die DA met graagte sal loods. Wanneer dit slaag sal die ANC-magshebbers dan seker inval,” sê hy.
Die DA-raadslede het gaan kers opsteek oor herwinning en hergebruik by DA-beheerde munisipaliteite in die Wes-Kaap. “Daar is puik idees, wat ons onmiddellik hier by ons kan gebruik,” sê rdl Saal de Jager.Die DA-raadslede moedig inwoners aan om herwinbare afval soos plastiekbottels en blikke apart van huisvullis uit te sit op die onderskeie dae wat vullis verwyder word, sodat mense wat plastiek en blik bymekaar maak vir herwinning dit maklik kan kry sonder dat vullissakke oopgeskeur word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button