NewsNews

Leraar se wedloop voltooi

“My oom-doom...jy’t met my geraas, ek met jou.....ek kan net dankie vir die voorreg dat ek hom geken het. Hy het my gelei na God en my gehelp vandat ek 26 jaar oud was. Ek het hom geken as ’n gewone mens wat toelaat dat God hom gebruik as Sy instument. Dié wat sy boodskappe gehoor het sal weet waarvan ek praat. Hy was maar altyd daar as ek hom nodig gehad het. Ons kan vandag op ons knieë gaan en sê dankie! Sy wedloop is voltooi en hy het vrede gehad....Rus in vrede oom-doom, ons was so lief vir jou...” - Hierdie was maar een van vele boodskappe van medelye die afgelope naweek op Facebook ná die dood van ds. Johan (Klippies) Marais. Iemand wat nie net vir jare lank deel was van Parys nie, maar iemand wat in baie mense se lewens ’n groot voetspoor gelaat het.

“My oom-doom…jy’t met my geraas, ek met jou…..ek kan net dankie vir die voorreg dat ek hom geken het. Hy het my gelei na God en my gehelp vandat ek 26 jaar oud was. Ek het hom geken as ’n  gewone mens wat toelaat dat God hom gebruik as Sy instument. Dié wat sy boodskappe gehoor het sal weet waarvan ek praat. Hy was maar altyd daar as ek hom nodig gehad het. Ons kan vandag op ons knieë gaan en sê dankie! Sy wedloop is voltooi en hy het vrede gehad….Rus in vrede oom-doom, ons was so lief vir jou…” –
Hierdie was maar een van vele boodskappe van medelye die afgelope naweek op Facebook ná die dood van ds. Johan (Klippies) Marais. Iemand wat nie net vir jare lank deel was van Parys nie, maar iemand wat in baie mense se lewens ’n groot voetspoor gelaat het.
Hy is op 8 Februarie 1952 op De Aar gebore.
In 1984 vestig hy hom in Parys as vars gegradueerde predikant van Stellenbosch en begin sy reis by die NG Wes-gemeente. Daar het hy vir 11 jaar sy passie uitgeleef en lewens verander.
Die stigting van sy vernuwingsgemeente, Bet-El Christelike Sentrum, het in 1994 begin en ’n lewenslange droom het waar geword toe daar op 4 Julie 1999 in die kerkgebou ingetrek is. Hier het hy met sy “musiekfabriek” vir meer as 20 jaar lank die Here geloof.
Sy lewe hier het gespreek van liefde vir sy medemens. Soveel mense het ’n  besonderse pad met hom gestap. Hy het kinders getrou, ouers begrawe, kleinkinders gedoop, en elkeen van hulle as sy eie “kînners” gesien.
Sagmoedig, geduldig en nederig was hy – ’n  “gentle giant” en een van sy soort.
Op 11 Februarie 2016 is fase 4 nierkanker by hom gediagnoseer, en het hy die stryd geveg sonder een klagte van pyn of ongemak, skryf sy dogter Lize. “Hy het sy diagnose aanvaar en vrede gehad, want dit was sy Skepper se pad met hom.”
“Hy het Vrydag 10 Junie, ná ’n  kort siekbed sy wedloop voltooi, en is met groot verwondering op sy gesig huistoe, soos hy altyd gesê het.”
Hy laat ‘n groot leemte in Parys, maar het ‘n spesiale herinnering agterlaat by sovele.
Hy word oorleef deur sy vrou Babs en 4 kinders, skoonkinders en kleinkinders.
Die familie sê dankie vir elke boodskap, bemoedigende woord, drukkie en bydrae in hierdie hartseer tyd.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button