NewsNews

Die nuwe Aardklop direksie is bekend

Die nuwe Aardklop, wat nou onder die vaandel van die Potchefstroom-kunstefees is, se beplanning is besig om vinnig spoed op te tel. Die feesbestuurder, Alexa Strachan, is onlangs aangewys en na konsultasie met talle belanghebbendes en inwoners van Potchefstroom, is die direksielede nou ook gekies. “Die direksie bestaan uit prominente Potchefstromers en bekendes in die Afrikaanse kultuur- en vermaakbedryf. Ons sien baie uit na die samewerking, leiding en ondersteuning wat hierdie gedrewe en passievolle groep mense vir ons gaan bied,” sê Alexa.

Die nuwe Aardklop, wat nou onder die vaandel van die Potchefstroom-kunstefees is, se beplanning is besig om vinnig spoed op te tel.
Die feesbestuurder, Alexa Strachan, is onlangs aangewys en na konsultasie met talle belanghebbendes en inwoners van Potchefstroom, is die direksielede nou ook gekies.
“Die direksie bestaan uit prominente Potchefstromers en bekendes in die Afrikaanse kultuur- en vermaakbedryf. Ons sien baie uit na die samewerking, leiding en ondersteuning wat hierdie gedrewe en passievolle groep mense vir ons gaan bied,” sê Alexa.
Die direksie van die nuwe Aardklop is André Geldenhuis (sakeman en direkteur: Oudenuut), Dewald van Breda (voorsitter: Potch-Tlokwe Sakekamer), Heinricha Hodgson (prokureur en skuldberader), Ivor Price (RSG-omroeper en TV-persoonlikheid), Japie Gouws (besturende direkteur: ATKV), Karen Meiring (direkteur: MNet Afrikaanse kanale), prof. Melville Saayman (direkteur: Fokus Area, Noordwes Universiteit).
Die nuwe Potchefstroom Kunstefees, ‘n maatskappy sonder winsbejag, is in die proses om geregistreer te word. Kort na die proses sal die direksie ‘n voorsitter uit hul geledere verkies.
In nog ’n belangrike wending is sleutel-kantoorpersoneel, wat ook bekende gesigte in Potchefstroom is, ook aangestel om met die voorbereiding en bestuur van die fees te help.
Die fees word tans vanuit die oorspronklike Aardklop kantooradres by Molenstraat 69 bedryf.
Die kantoornommer is (018) 175 0175.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button