NewsNews

Watervermorsing terwyl dorpe sonder water sit

Terwyl Parysenaars nog nou die dag help water bymekaar maak het vir dorpe in die land wat sonder water sit, het water vanmiddag (Woensdag 8 Junie) vir meer as 3 ure by ‘n brandkraan op die h/v Chinn en Allenbystraat in Parys,  in ‘n fontein uitgespuit. Die brandkraan is deur munisipale werkers van die Ngwathe …

Terwyl Parysenaars nog nou die dag help water bymekaar maak het vir dorpe in die land wat sonder water sit, het water vanmiddag (Woensdag 8 Junie) vir meer as 3 ure by ‘n brandkraan op die h/v Chinn en Allenbystraat in Parys,  in ‘n fontein uitgespuit. Die brandkraan is deur munisipale werkers van die Ngwathe munisipaliteit oopgedraai om die druk te verlig nadat ‘n pyplek vroeër die oggend elders in Allenbystraat herstel is.

Die pyplek is teen ongeveer 12:00 al herstel volgens inligting, maar ten spyte daarvan is die brandkraan nie toegemaak nie. Die waterfontein is deur inwoners by DA-raadslid Saal de Jager gerapporteer wat dit onder die munisipale bestuurder se aandag gebring het en gewys het op die ontoelaatbaarheid van sulke watervermorsing. Sien ook die video elders op Parys Gazette se webtuiste.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button