NewsNews

Herstruktureringsprojek deel van nuwe strategie van die Noordwes-Universiteit

ʼn Gedeelte van die nuwe strategie wat die Raad van die Noordwes-Universiteit op 20 November 2015 goedgekeur het sluit in ʼn herstruktureringsprojek.

ʼn Gedeelte van die nuwe strategie wat die Raad van die Noordwes-Universiteit op 20 November 2015 goedgekeur het sluit in ʼn herstruktureringsprojek.

Dit is ten einde te verseker dat die struktuur die implementering van die goedgekeurde strategie moontlik maak.

Dié inligting is Donderdag tydens ‘n mediakonferensie in Johannesburg bekend gemaak.

As deel van die proses is daar vandag (Donderdag) artikel 189A-kennisgewings aan alle personeel in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge, uitgereik.

Die vise-kanselier van die NWU, prof. Dan Kgwadi, sê “terwyl die primêre doel van die herstruktureringsproses is om ons strategie vorentoe neem, kan ons nie in die proses die moontlikheid van werksverliese uitsluit nie, en om hierdie rede tree ons op ʼn omsigtige en verantwoordelike wyse op, deur sodanige kennisgewings uit te reik.

“Die NWU het in die afgelope 11 jaar van sy bestaan konstante groei ervaar en ons is van plan om voort te gaan met ʼn matige groeistrategie. Die NWU is steeds op ʼn gesonde finansiële basis, maar almal van ons is bewus dat alle universiteite in Suid-Afrika finansiële stremminge ervaar na die verwikkelinge van die “fees must fall” veldtog en die besluit van geen verhoging in gelde vir 2016 nie. Ons moes reeds sekere projekte inkort, vernaamlik met betrekking tot infrastruktuurontwikkeling, ten einde die uitwerking van die geen verhoging teen te werk.

“Van primêre belang is ons verbintenis om voort te gaan met die uitbou van die NWU as ʼn unitêre instansie van hoogstaande akademiese uitnemendheid, met ʼn verbintenis tot maatskaplike geregtigheid. Dit vorm die grondslag van ons nuwe goedgekeurde strategie en voorgestelde herstrukturering.

“Ek wil benadruk dat die herstruktureringsproses ten doel het om bedryfsdoeltreffendheid te verhoog en nie om personeel te verminder nie.

“Maar aangesien die proses sommige individuele poste en verantwoordelikheidsvlakke en verslagdoeningstrukture kan affekteer, en aangesien die moontlikheid van ʼn beperkte aantal posverminderings nie heeltemal uitgesluit kan word nie, moet ons die voorgeskrewe proses volg – vandaar die brief wat vandag aan elke personeellid uitgestuur is.

“Ek herhaal dat alle redelike pogings aangewend sal word om personeelvermindering te verhoed. Ons doelwit is immers om die NWU te laat groei – ten opsigte van kwaliteit én ons nasionale bydrae tot hoër onderwys.

Ons het ʼn plan hiervoor en ons het reeds begin met die implementering van die nuwe strategie. Dit, tesame met die voorgestelde nuwe struktuur, sal dit vir ons moontlik maak om in die komende jare na ʼn volgende vlak toe te beweeg.

“Dit is die kruks van my boodskap: dat dit goed gaan met die universiteit as geheel – ten spyte van etlike probleme. (Kan ek in hierdie verband byvoeg dat die Mafikengkampus vroeër hierdie week suksesvol heropen het).

“Net soos baie ander universiteite het ons ook in die begin van die jaar met onrus te kampe gehad. Ons het egter ons standpunt van zero toleransie gehandhaaf en konstruktief vorentoe beweeg. Met die hulp van al ons belanghebbers sal ons alles in ons vermoë doen om ʼn suksesvolle akademiese jaar te verseker.

“Ons personeel, studente en alumni blink steeds uit op verskeie vlakke van die akademie en die professionele wêreld.

“Ons is trots op ons diverse groep personeel en studente en wil graag ʼn betekenisvolle bydrae tot nasiebou lewer.

“Ons streef daarna om maatskaplike geregtigheid te bevorder, onder meer deur die bevordering van ʼn kultuur van menseregte en nierassisme op kampusse.

“Die universiteit is ʼn nasionale bate en wil graag voortgaan om tot ons land se ekonomiese groei by te dra.

“Ons is terdeë bewus van die probleme wat die universiteit en die land in die gesig staar, maar ons is positief dat ons oor die bestuur, personeel en studente beskik om uitdagings die hoof te bied en sterker aan die ander kant uit te kom.

“In die volgende paar maande gaan ek swaar steun op my bestuursgroep om die leiding te neem met die veranderingsgesprekke met ons mense oor die verandering van die huidige struktuur en bedryfsmodel van ons universiteit na ʼn nuwe een vanaf 2017 – ʼn struktuur wat gerig is op ons droom en die kultuur wat ons nodig het.

“Ek aanvaar dat mense onseker en bekommerd sal wees oor die impak van die verandering op hul werksekerheid en ambisies. Dit is onvermydelik want die toekoms sal anders wees. My en die bestuur se rol as leiers is om hierdie emosies te hanteer en om hulle met die nodige optimisme te lei.

“Hiervoor benodig ons uiteraard die ondersteuning van ons alumni, die gemeenskap, die sakesektor en die regering. Ek vertrou dat almal aan boord is vir hierdie moeilike onderneming.

“Ek is verbind tot die toekoms van die NWU en ons droom vir hierdie trotse instelling. Ons gaan deur ʼn moeilike tyd en dinge gaan nie binnekort makliker raak nie, maar ek is passievol oor akademiese uitnemendheid en die beskerming van ons kernbesigheid.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button