NewsNews

Soektog na skenker lê voor vir klein Morné

VEREENIGING. – ‘n Leerling van die Laerskool Unitaspark, Morné Strassburg (9), veg tans in die Chris Hani Baragwanath Hospitaal om sterk genoeg te word sodat hy ‘n lewensnoodsaaklike nieroorplanting kan ondergaan.

VEREENIGING. – ‘n Leerling van die Laerskool Unitaspark, Morné Strassburg (9), veg tans in die Chris Hani Baragwanath Hospitaal om sterk genoeg te word sodat hy ‘n lewensnoodsaaklike nieroorplanting kan ondergaan.

Morné, ‘n graad drie-leerling van die skool, is sowat twee jaar gelede in die hospitaal opgeneem nadat sy ouers, Quintin en Antoinette, opgemerk het dat hy baie bleek en swak is.

Na verskeie bloedtoetse het dokters by die Kopanong-hospitaal hom na die Chris Hani Baragwanath Hospitaal verwys, waar hy vir nege maande was. Sy ouers is ingelig dat Mornè chroniese nierversaking het en dat dit net ‘n kwessie van tyd sou wees voordat hy ‘n nieroorplanting moes kry.
Daardie gevreesde dag het vir sy ouers aangebreek toe hy verlede Woensdag, 25 Mei na die hospitaal gejaag is. Twee dae later, op 27 Mei, is Mornè omstreeks 05:00 die oggend na die Chris Hani Baraganath Hospitaal oorgeplaas.

Daar aangekom is sy ouers laat weet dat die dokters dadelik wil begin met dialise, maar sy hart was baie swak. Met ‘n klein verbetering in sy toestand het dokters Saterdag begin met dialise, sodat hy sterk genoeg kan wees vir die operasie. Intussen het hy elke dag nog dialise ontvang.
Volgens sy ma is daar moontlike skenkers wat getoets kan word, maar dokters meen die eerste prioriteit is dat hy sterker moet word vir die operasie.
Daarna sal daar ernstig na ‘n skenker gesoek word. Intussen sterk klein Morné stadig maar seker aan, en sy hoogtepunt vir die dag is as mamma en pappa kom kuier. Vir die Strassburg-gesin is dit ‘n groot finansiële uitgawe, aangesien dit hul sowat R300 per dag kos om die hospitaal te besoek.

Enigeen wat kan bydra om die gesin te help sodat hulle daagliks by hom kan wees, kan Antoinette by 061 341 0837 kontak.

Related Articles

Back to top button