NewsNews

Aanval op weldoener skok

Die eienaar van ’n restaurant is Sondagaand omstreeks 19:00 deur ’n man vir wie hy vroeër die dag gratis kos gegee het, aangeval.

Die eienaar van ’n restaurant is Sondagaand omstreeks 19:00 deur ’n man vir wie hy vroeër die dag gratis kos gegee het, aangeval.
Sy hand is in die aanval gesny en hy moes steke kry. Fanie Smit, die eienaar van Garnish restaurant in Klinkenbergstraat, sê hy het die man herken, want hy het vroeër die dag vir hom en sy vriend ’n bord kos gegee. Smit sê hy het omstreeks 15:00 vir die twee mans kos gegee.
“Ek weet van die een, hy kry baie swaar, so ek help maar waar ek kan.” Die twee het die kos geneem, waarna hulle in die parkeerterrein in ’n wit bakkie gaan sit en eet het. Later het een van die mans vir Smit gesê hy gaan loop omdat hy en sy vriend begin stry het en dat dié nou dreig om hom aan te rand.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button