NewsNews

EFF begin met onwettige grondbesetting, klippe gegooi toe polisie ingryp

Inwoners van Parys is Dinsdagoggend gewaarsku om die Koppies-grondpad te vermy waar nagenoeg 200 lede van die Economic Freedom Front (EFF) met die polisie slaags geraak het nadat daar al Maandag deur die party se lede begin is om munisipale grond te beset tussen die Schonkenville en Tumahole wonobuurte, asook langs die reservoir op die koppie langs Schonkenville.

EFF begin met onwettige grondbesetting, klippe gegooi toe polisie ingryp
Inwoners van Parys is vanoggend gewaarsku om die Koppies-grondpad te vermy waar nagenoeg 200 lede van  die Economic Freedom Front (EFF) met die polisie slaags geraak het nadat daar al Maandag deur die party se lede begin is om munisipale grond te beset tussen die Schonkenville en Tumahole wonobuurte, asook langs die reservoir op die koppie langs Schonkenville.
Hoewel daar Maandag nog nie geweldadige optrede deur die groep was nie, is ’n polisievoertuig en polisielede Dinsdagoggend met klippe bestook. Ook die paaie-kontrakteur, Sedtrade, se werksaamhede is deur die groep geteiken. Die polisie het verhinder dat ‘n padskraper aan die brand gesteek is, maar ‘n toilet wat langs die pad onderweg na Schonkenville opgerig is, is wel aan die brand gesteek.
Die groep het oproerig begin raak toe van hul leiers gearresteer is op klagte van betreding wat spruit uit die onwettige grondbesettig.

Related Articles

Back to top button