NewsNews

10 Dinge wat elke Parysenaar moet weet oor vanjaar se Aardklop Kunstefees

Oor die naweek het Potchefstroom die nuus ontvang dat die nuwe kunstefees wat in die plek van Aardklop vanjaar gaan geskied, steeds Aardklop genoem gaan word! Hier is ‘n paar dinge wat Parysenaars moet weet oor dié nuwe kunstefees:

Oor die naweek het Potchefstroom die nuus ontvang dat die nuwe kunstefees wat in die plek van Aardklop vanjaar gaan geskied, steeds Aardklop genoem gaan word! Hier is ‘n paar dinge wat Parysenaars moet weet oor dié nuwe kunstefees:

1. Die Aardklop Kunstefees gaan van 4 tot 9 Oktober 2016 plaasvind, so skryf dit sommer nou al in jou dagboek op. Moenie ander planne vir daardie kort vakansie maak nie, en as jy reeds het, kanselleer!

2. Die naam van die kunstefees sal steeds Aardklop bly. Alhoewel dit nie Aardklop Nasionale Kunstefees is nie, beloof die kunstefees om al die opwinding en blootstelling aan die kunste te bied soos wat Aardklop deur al die jare het.

3. Die nuwe Aardklop Kunstefees het ‘n vars en entoesiastiese feeskomitee wat almal in Potchefstroom woonagtig is, en uit hul pad uit gegaan het om die fees moontlik te maak.

4. Die hoof rede waarom daar ‘n nuwe Aardklop ontstaan het, spruit vanuit ‘n groep Potchefstromers wat op Facebook begin saam staan het en besluit het dat daar ‘n kunstefees in Potchefstroom behoort te wees – meeste van hulle is net doodgewone mense van uit die gemeenskap.

5. Alexa Strachan, bekende vervaardiger, skrywer, regisseur, sanger en akteur, is aangestel as bestuurder van die nuwe Aardklop Kunstefees.

6. Die Aardklop Kunstefees sal weer (soos in Aardklop se vroeër jare)  op die Bult plaasvind.

7. Aansoeke vir produksies is oop en skriftelike aansoeke kan tot en met 27 Mei per e-pos aan potchfeesprogram@gmail.com gerig word .

8. Aansoeke vir stalletjies op die feesterrein kan tot en met 24 Junie per e-pos aan potchfeesstalletjies@gmail.com gestuur word. Pryse van stalletjies sal nog in die nabye toekoms aangekondig word.

9. Die nuwe feeskantoor word nou geopen in 69 Molenstraat en enige hulp en donasies om die kantoor in te rig sal waardeer word. Daar kort nog: blinders of gordyne, ‘n yskas, mikrogolfoond en ontvangstoonbank. Vir skenkings kontak Chris de Bruyn by artema@nwu.ac.za. Die kantoor se nommer is 018 175 0175

10. Daar gaan weer gebruik gemaak word van die plaaslike gemeenskap om uit te help op die feesterrein tydens Aardklop.

*Hou ons webtuiste en Parys Gazette dop vir alle nuwe verwikkelinge aangaande die nuwe Aardklop Kunstefees in Potchefstroom.

 

 


You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button