NewsNews

Sterre en musiek by Deelfontein

Die winter is hier en daarmee saam kom die kristalhelder sterrehemel van die Koepel. In Junie word twee sterrekykuitstappies by Deelfontein aangebied deur Frik le Roux en Neville Young van die Astronomie-vereniging.

Die winter is hier en daarmee saam kom die kristalhelder sterrehemel van die Koepel. In Junie word twee sterrekykuitstappies by Deelfontein aangebied deur Frik le Roux en Neville Young van die Astronomie-vereniging.
Met nuwemaan op Saterdag 4 Junie heers ideale sterrekykomstandighede. Die uitstappie begin om 19:00 met ’n  aanbieding in die seminaarkamer van die Koepel Kunstesentrum. Teen 20:30 is dit dan donker genoeg om met die 8-duim Newton-teleskoop die wonders van die naghemel te bekyk.
Twee weke later word die tweede uitstappie aangebied. Vrydag 17 Junie is weliswaar net twee dae voor volmaan sodat die sterre in die gloed van die maan sal verblas, maar die klem van hierdie aanbieding is die maan en die planete.
Die verrigtinge begin weer om 19:00 met ’n  aanbieding in die seminaarkamer. Deelnemers aan die uitstappies moet asseblief warm klere, musse en veral warm skoene inpak. ’n  Mens word nie warm van ure se rondstaan om ‘n teleskoop nie!
Met koffie, tee, en warm sjokolade sal die koue die hoof gebied word.
Toegang kos R50 per persoon en voorafaanmelding is noodsaaklik.
Musiek uit die baroktydperk word op Sondag 12 Junie om 15:00 uur by die Koepel Kunstesentrum op Deelfontein aangebied. Interessante werke van onbekende meesters uit die vroegbarok, soos Johann Heinrich Schmelzer, word met historiese instrumente uitgevoer. Die musici is Katrien Klopper (viool), Handri Anspach (fluit), Jurie Swart (skuiftrompet), Gerhard Benade (dulsiaan) en Hilton Anspach (kontrabas). Toegang is gratis, maar ‘n donasie vir die dekking van die onkostes word verwelkom.
Verdere inligting is by Gerhard Benade (083 280 9784 of gerhard@deelfontein.co.za) beskikbaar.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button