NewsNews

Potch Kunstefees se naam sal Aardklop wees

Japie Gouws, woordvoerder van die nuwe Potchefstroom Kunstefees, het bevestig dat die jaar se nuwe kunstefees wat van 4 tot 9 Oktober in Potchefstroom gaan plaasvind, as Aardklop bekend sal staan.

Japie Gouws, woordvoerder van die nuwe Potchefstroom Kunstefees, het bevestig dat die jaar se nuwe kunstefees wat van 4 tot 9 Oktober in Potchefstroom gaan plaasvind, as Aardklop bekend sal staan.
Die Aardklop Stigting en die nuwe Potchefstroom Kunstefees het in ʼn gesamentlike verklaring gesê dat hulle ʼn ooreenkoms bereik het oor die Aardklop-handelsmerk.

Adv. Louise Barretto, voorsitter van die Aardklop Stigting en Japie Gouws, woordvoerder van die nuwe Potchefstroom Kunstefees, het gesê dat hulle die afgelope weke verskeie gesprekke gehad het oor die moontlikheid dat die Aardklop-handelsmerk na die te-stigte maatskappy wat die nuwe fees in Potchefstroom reël, oorgedra word. Verskeie tegniese en ander aspekte moes in ag geneem word voordat die transaksie kon plaasvind. Samesprekings het in ʼn goeie gees plaasgevind en beide partye is bly dat ‘n ooreenkoms nou bereik is.
Adv. Barretto het gesê dat goeie trou teenoor die nuwe Potchefstroom-inisiatief met hierdie transaksie bevestig word, deur die pragtige Aardklop name en handelsmerke teen uiters redelike koste aan die nuwe Potchefstroom Kunstefees beskikbaar te maak. Die Aardklop-handelsmerk word natuurlik sterk met Potchefstroom en die kunste geassosieer. Die Aardklop Stigting wou dit graag erken, en sy dank vir sy 18 jaar se verbintenis met die gasheerdorp so bevestig.
Die Aardklop Stigting vertrou dat die nuwe feeskomitee dit in ʼn gees sal aanwend wat altyd gehalte en vars aanbod in die kunste-omgewing sal help ontwikkel en uitbou. Gouws het sy dank teenoor die Aardklop Stigting uitgespreek vir die wyse waarop die gesprekke kon plaasvind en ook die goeie gesindheid wat in die proses ervaar is.
Dit toon weer eens dat daar genoeg goedgesindheid bestaan teenoor inisiatiewe wat goed is vir die kunste en Afrikaans. Die afhandeling van die proses sal ook baie vir Potchefstroom en alle belanghebbendes in Potchefstroom beteken.
Gouws het gesê dat die Potchefstroom Kunstefees alle regs- en tegniese prosesse so spoedig moontlik sal afhandel om die transaksie te implementeer. Hy het egter bevestig dat die Aardklop-naam reeds by die komende fees vanaf 4 tot 9 Oktober gebruik sal word. Hy het ook die wens uitgespreek dat enige omstredenheid rondom die naam hopelik nou afgehandel is en dat almal nou hul energie op ʼn suksesvolle 2016 Aardklop Kunstefees sal fokus.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button