NewsNews

Wees net jouself, sê sepie-ster

Jy moet net jouself wees. Moet jou nie steur aan skinderpraatjies nie, maar sien dit eerder as ’n kompliment dat iemand dit die moeite werd ag om oor jou te praat. As mense nie meer oor jou praat is daar fout.

Jy moet net jouself wees. Moet jou nie steur aan skinderpraatjies nie, maar sien dit eerder as ’n  kompliment dat iemand dit die moeite werd ag om oor jou te praat. As mense nie meer oor jou praat is daar fout.
Mense praat dikwels agteraf van ander uit jaloesie. Ons aanvaar nie onsself nie en wil iemand anders wees. Solank jy egter iemand anders probeer wees, gaan jy nie bo uitkom nie. Neem hierdie vermorsde energie van ’n  strewe na iemand anders wees en belê dit eerder in jouself.
Dit was die woorde van Leandie du Randt, bekende aktrise wat onder meer die rol van Iwanka speel in die TV-sepie Binnelanders, toe sy verlede Woensdag tydens ’n  damestee by die Hoërskool Parys as motiveringspreker opgetree het.
Leandie wat net so ongekunsteld en sonder voorgee is as haar TV-karakter van Iwanka, het veral ook die probleem met boeliegedrag in skole aangespreek.
Sy het haar gehoor aangemoedig om altyd die positiewe in alles raak te sien al kos dit soms om met ’n  ander bril na jou situasie te kyk.
Haar boodskap was onomwonde – leef ’n  slag met dankbaarheid en waardeer wat jy het. Kyk deur God se bril en ontmoet Hom halfpad met al jou drome en begeertes deur self ook die wil te hê en werk te maak om dit wat jy wil doen aan te pak met geesdrif na die beste van jou vermoë.
“Jy moet weet wat dit is wat jy wil hê in jou lewe, en wat jy wil wees. Die Here wil dit vir jou gee, maar jy moet ook jou kant bring deur te beweeg in daardie rigting.”
Sy het ’n  beroep gedoen op kinders om skool te geniet as die enigste “worry” vrye tyd in jou lewe. “Geniet die journey. Ontdek jouself en ondersteun en komplimenteer mekaar.”
Op hierdie manier sal jou seëninge meer word as jou klagtes want die positiwiteit wat jy uitstraal kom in veelvoud na jou terug, het sy gesê.
’n  Heerlike bederfete het na haar praa-tjie op die gaste gewag wat vooraf ook vermaak is deur sang van Irene-Louise van Wyk.  Dankie aan al die borge, onderwysers en ouers van die finaliste van vanjaar se Mnr. en Mej. Hoërskool Parys kroning wat gehelp het om van die aand ’n  groot sukses te maak.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button