NewsNews

Laat tekkieveters vir jou hart praat

Daar bly nou nog net 8 dae oor om jou veters vol kleur en plakker vir Tekkie Tax dag te kry. Tekkie Tax dag is op Vrydag 27 Mei en dis jou kans om jou voete vir jou hart te laat praat! Kies jou plakker vir ’n saak wat jou na aan die hart lê, tooi jou tekkies met ’n paar waaghalsige Tekkie Tax veters en siedaar - jy is reg vir Nasionale Tekkie Tax dag.

Daar bly nou nog net 12 dae oor om jou veters vol kleur en plakker vir Tekkie Tax dag te kry. Tekkie Tax dag is op Vrydag 27 Mei en dis jou kans om jou voete vir jou hart te laat praat!
Kies jou plakker vir ’n  saak wat jou na aan die hart lê, tooi jou tekkies met ’n  paar waaghalsige Tekkie Tax veters en siedaar – jy is reg vir Nasionale Tekkie Tax dag.
Vir so min as R35 per skoenveter pakkie of R10 vir ’n  plakker, kan jy deelneem. Maak seker jy koop sommer vandag nog by Vrystaat Versorging in Aksie se kantoor in Buitenstraat of by Epilepsie Suid-Afrika en ondersteun só ons plaaslike welsynsorganisasies wat wurg om met knypende finansies die mas op te kom.
Die veldtog word vanjaar onderskryf deur 11 nasionale welsynsorganisasies wat altesaam meer as 1 000 plaaslike organisasies verteenwoordig waaronder Epilepsie SA, Kindersorg SA, SOS Children’s Villages, CHOC (Childhood Cancer Foundation), Special Olympics SA, CANSA, Imisebeyelanga Services, Meals on Wheels, VVA, NG Welsyn en SAVF.
Die Tekkie Tax projek is in 2013 begin toe die land se grootste en mees geloofwaardige welsynsorganisasies kragte saamgesnoer het om een groot fondsinsamelingsprojek van stapel te stuur. Nou is dit jou beurt om ’n  verskil vir hierdie organisasies te maak – laat jou voete sommer vandag nog vir jou hart praat!

Related Articles

Back to top button