NewsNews

Bêre maar eers die kers, sê Eskom

Winter sonder beurtkrag. Net té goed om waar te wees wil jy dalk sê, maar dié vooruitskatting is deur Eskom se uitvoerende hoof, Brian Molefe gegee.

Winter sonder beurtkrag. Net té goed om waar te wees wil jy dalk sê, maar dié vooruitskatting is deur Eskom se uitvoerende hoof, Brian Molefe gegee.
Molefe het tydens Eskom se kwartaallikse inligtingsessie gesê dat Eskom na verwagting geen beurtkrag in die komende windermaande of die daaropvolgende somermaande sal instel nie. Kragbeskikbaarheid het van 70% in Oktober verlede jaar tot 76% in April vanjaar gestyg.
Dit beteken ’n  ekstra 2 500 megawatt by die elektrisiteitsnetwerk wat die moontlikheid van beurtkrag verminder. Eskom het ook vir homself ’n  teiken van 80% kragbeskikbaarheid gestel en die teiken is volgens Eskom vandeesweek behaal.
Met die vermeerdering van kragbeskikbaarheid is daar ook aansienlike besparing vir Eskom en word minder bestee aan diesel op die oopsiklus-gasturbines aan die gang te hou. Eskom se besteding aan diesel is teen April vanjaar van R854 miljoen na R20 miljoen verminder.
Sou die vraag na elektrisiteit verhoog sal Eskom egter steeds van die gasturbines gebruik maak. Instandhouding van die kragnetwerk sal ook regdeur die winter gedoen word, hoewel op ’n  kleiner skaal.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button