NewsNews

Bejaardes kan saam luister danksy weldoener

“Met ’n goeie hart en mooi gesindheid bereik mens soveel meer in die lewe”. Dit is die boodskap wat saam met ’n skenking van meer as twintig radios by Koepel Stereo opgedaag het die afgelope week. Sakkie van der Schyff, bestuurder van Parys se gemeenskapsradiostasie het namens die anonieme skenker by Najaarsrus en AMOT tehuise vir bejaardes ’n draai gaan maak en die radio’s oorhandig vir van die inwoners.

“Ons probeer help waar ons kan en ontvang self ook skenkings en donasies uit die gemeenskap. Hierdie was só ’n mooi gebaar deur een van ons inwoners wat ’n behoefte geidentifiseer het en dit aangespreek het. Ek volstaan daarby dat daar in die Parys gemeenskap ’n gesindheid van omgee en samesyn is wat kop-en-skouers bo ander gemeenskappe uitstaan.” sê Van der Schyff

Related Articles

Back to top button