NewsNews

R2 miljoen om slaggate te herstel

Van slaggate hoe jy Parysenaars niks te vertel nie. In menige strate van die dorp is dit meer gat as pad.

Van slaggate hoe jy Parysenaars niks te vertel nie. In menige strate van die dorp is dit meer gat as pad.
Die goeie nuus is egter dat AfriForum Maandag met
sy nasionale veldtog begin het vir die herstel van slaggate in die onderskeie provinsies in die land.  Tydens dié veldtog, wat as nasionale slaggatmaand bekendstaan, sal sowat 12 000 slaggate in die dorpe waar AfriForum-takke gevestig is teen ’n koste van R2 miljoen herstel word.
Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regerings, het gesê dat die doel van die projek is om staatsonafhanklikheid binne gemeenskappe te bevorder deur van selfdoenaksies gebruik te maak. “Tydens die organisasie se ‘10 dae van selfstandigheid’-veldtog wat in 2015 plaasgevind het, is daar sowat R1,3 miljoen aan die herstel van slaggate spandeer. Met die nuwe veldtog wil ons ’n veel groter impak maak deur paaie regoor die land te verbeter.”
“Verskeie munisipaliteite is reeds skriftelik deur AfriForum gemaan om die paaie sélf te herstel. Munisipaliteite wat nie aan dié eise gehoor gee nie sal vir die onkostes verantwoordelik wees,” het Pawson gesê.
’n Totaal van 125 AfriForum-takke neem aan die veldtog deel en sowat 300 ton teer sal tydens herstelwerk gebruik word. Die veldtog kom op 31 Mei tot ’n einde.
Lede van die publiek kan ook betrokke raak deur by hul plaaslike takke in te skakel. SMS jou dorp se naam na 45344 (R1).

Related Articles

Back to top button