NewsNews

Paws, brandweer red perd uit veehek

Paws (Potchefstroom Animal Welfare Society), in samewerking met ander vrywilligers, het Woensdagaand, 27 April gehelp om ’n perd wat in ’n veehek vasgesit het, te red. Die perd het in die nag op die Mooibankhoewes agter ‘n jong vulletjie aangeloop. Toe hulle by ’n veehek kom, het die vulletjie om die hek geloop, maar die perd het deur die hek geloop en drie van sy vier hoewe het tussen die pype van die hek vasgesit. Die eienaar van die perd het Paws geskakel.

Paws (Potchefstroom Animal Welfare Society), in samewerking met ander vrywilligers, het Woensdagaand, 27 April gehelp om ’n perd wat in ’n veehek vasgesit het, te red.
Die perd het in die nag op die Mooibankhoewes agter ‘n jong vulletjie aangeloop.
Toe hulle by ’n veehek kom, het die vulletjie om die hek geloop, maar die perd het deur die hek geloop en drie van sy vier hoewe het tussen die pype van die hek vasgesit.
Die eienaar van die perd het Paws geskakel.

Etienne Jansen van Vuuren van Paws en Tommie Viljoen, ‘n voormalige personeellid van Paws, is dadelik na die toneel.
“Die perd was toe reeds vir drie ure tussen die pype vasgekeer,” sê Etienne. Hy het van die oproep verstaan dat die perd in ‘n hek vassit en hy het daarom tange geneem om die perd los te sny.
“Toe ek daar kom sien ek die perd sit tussen dik staalpype vas en my gereedskap sou niks help nie.” Tommie het Rudi du Toit van die Brandbeskermingsvereniging (BBV) geskakel en uiteindelik is die brandweer ontbied om met die toestel waarmee hulle mense uit motorwrakke bevry, te kom help.
Aangesien die toestel baie geraas maak, moes ‘n veearts ook ontbied word om die perd te kalmeer. Kort daarna was dr. Francois Gerber ook op die toneel om die perd te verdoof.
Na sowat ses ure en goeie spanwerk is die perd bevry. Hoewel die perd seer gehad het, was niks gebreek nie.

Related Articles

Back to top button