NewsNews

Hartaanval dalk oorsaak van fietsryer se dood

Daar word vermoed dat ’n hartaanval moontlik die oorsaak was waarom die 63-jarige Samuel Strydom, ’n kranige en uiters ervare berg- en padfietsryer Saterdagaand van ’n bruggie geval en kort daarna onderweg na die hospitaal gesterf het, terwyl hy aan die jaarlikse MaPa 24-Hour Southern Skies MTB Relay en Solo-ren deelgeneem het. Dit was Samuel se 4de deelname aan dié wedren wat ook vanjaar die grootste was met honderde deelnemers.

Daar is vroeg vandeesweek nog gewag op die uitslag van die nadoodse ondersoek om die vermoede te bevestig.
Strydom was bewusteloos toe nooddienspersoneel hom gekry het op die toneel skaars 400m van waar fietsryers wegspring en ook die wedren voltooi.
Strydom was volgens ’n  ooggetuie al byna deur die hindernis op die 8km rondte toe hy geval het.
Volgens Strydom se jonger broer, Evert, was Samuel baie gesond en het hul dikwels saam soggens tot 50km ver fiets gery. Hoewel Evert nie kompeterend fietsry nie, het Samuel jare lank fiets gery en talle groot wedrenne soos die Argus en 94.7 suksesvol voltooi.
Evert het die tragiese nuus gekry kort voor 21:00 die Saterdagaand skaars nadat hy by die huis gekom het van ’n  hengelwegbreek by Sodwana.
Die fietswedren duur deur die nag en het die Saterdag 12:00 begin en die Sondagmiddag 12:00 geeïndig. Fietsryers ry in groepe of as individuele deelnemers om die meeste rondtes in 24 uur te voltooi. Strydom was deel van Heilbron se Span 30.
Dit was die eerste keer dat ’n fietsryer wat aan die wedren deelgeneem het, gesterf het, het Attie Koekemoer van die Silhouette groep, wat die wedren organiseer, aan Gazette gesê. Hy het namens die groep sy hartseer oor die gebeurtenis en diepe medelye met die Strydom familie betuig.
Koekemoer het gesê dat wat gebeur het bitter swaar was maar dat Strydom se span se hantering van die gebeure dit draagliker gemaak het.
Evert het sy broer as ’n Godvresende man beskryf, iemand wat ’n  aanwins was in die gemeenskap, maar ook in sy boerdery aktiwiteite. Hy was lief vir sy gholf, hengel, maar bowenal sy gesin. Mense van oraloor het hom gerespekteer vir die vriend, eggenoot, pa en oupa wat hy was.
Samuel word oorleef deur sy vrou, Sylvia, seun Pieter (self ’n  kranige fietsryer maar wat nie die dag gery het nie), dogters Aida, Elmarie en Belinda, sy kleinkinders, broer Evert en suster Marie, en pa, Piet.

Related Articles

Back to top button